Please note that our Terms & Conditions and Privacy Notice are applicable.
On Promotion in Jobs
Pay & Ship
Buy with confidence. Secure payment options & nationwide delivery. Learn more
Filter & refine
Clear All
Suggested
Results for vir in "vir" in Jobs in Gauteng in Gauteng
1
Au Pair Needed in Northcliff area, R14000/month, Monday to Friday: 08:00 - 17:00, to look after 3yr old boy, 11yr old girl and baby brother (infant). (Au Pair SA Family # 41489).
Requirements:
- Own reliable car (not shared)
- Age 21-40yrs
- Afrikaans-speaking
Additional Info/Requirements:
- Verantwoordelik vir roetine en stimulerende aktiwiteite van 10m babaseuntjie
- By tye inkopies
- Voorbereiding van etes
- Hulp in huishouding
TO APPLY: Please create an Au Pair SA profile - www.aupairsa.co.za - creating a profile is quick and easy, and the service is 100% free for au pairs.
Au Pair SA is South Africas most popular au pair service, with over 60,000 family profiles created to date.Salary: R14000Job Reference #: 41489Consultant Name: Michael Longano
1mo
Au Pair SA
1
n Gespesialiseerde verkoelingsbesigheid is opsoek na n ervare Verkoelings Tegnikus om by hulle span in Pretoria en omliggende areas aan te sluit. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die instandhouding, herstel en installasie van yskaste, koelkamers, vrieskamers en ysmasjiene.Voorvereistes:Graad 12 / MatrieksertifikaatGeldige rybewys (kode B of hoër)Minimum 5+ jaar praktiese ondervinding in verkoeling (yskaste, koelkamers, vrieskamers, ysmasjiene)Kennis van elektriese bedrading en basiese foutopsporingErvaring met gasherwinning en hantering van koelmiddels (bv. R134a, R404a, ens.)Goeie probleem-oplossingsvaardighede en vermoë om onafhanklik te werkSterk kliëntediens- en kommunikasievaardighedeFisies in staat om swaar toerusting te hanteer en op verskillende terreine te werkBetroubaar, stiptelik en bereid om buite normale werksure te werk indien nodig
https://www.jobplacements.com/Jobs/R/Refrigeration-Technician-PTA-and-surroundings-1263998-Job-Search-02-19-2026-04-04-00-AM.asp?sid=gumtree
5d
Job Placements
1
Skep oortuigende en insiggewende verslae en kontroleskerm deur Power BI te gebruik om bevindings aan belanghebbendes te kommunikeer;Stel statistiese data van die Finansiële- en Kleinhandelseenhede saam en versprei dit gereeld aan relevante belanghebbendes;Ontleed verkope- en bemarkingsdata om neigings, patrone en optimaliseringsgeleenthede te identifiseer;Doen navorsing oor bedryfstandaarde en verseker dat korrekte maatstawwe as meetstandaarde gebruik word;Trek data uit en transformeer dit vanaf verskeie bronne, insluitend MySQL-, MS SQL- en PostgreSQL-databasisse;Suiwer en verwerk data vooraf om akkuraatheid en konsekwentheid te verseker;Help met databasis administrasie, insluitend werkverrigting-optimalisering en sekuriteit;Werk saam met die IT-span om die integriteit en beskikbaarheid van data te verseker;Werk aan data-ingenieurstake, soos datapypleidingontwikkeling en ETLprosesse(Extract, Transform, Load);Optimaliseer dataopberging en -herwinning vir doeltreffendheid;Samewerking met multidissiplinêre spanne, insluitend Verkope, Bemarking en IT, om data-vereistes in te samel en data-gedrewe insigte te verskaf;Vaardighede, Kwalifikasies en Algemene Vereistes:Minimum Graad 12 kwalifikasie;Relevante tersiêre kwalifikasie met fokus op Besigheid / Finansies / Rekeningkunde / Ekonomie of 3 jaar werkservaring in die Krediet- / Bank- / Finansiële bedryf sal as vereiste dien;En of 3 jaar werkservaring in VVPB-kleinhandel/FMCG bedryf. Begrip van data-ontledingskonsepte sal as vereiste dien;Data-ontledings sertifikaat of bewese 3 jaar werkservaring in data-analise en visualisering in die Krediet- / Bank- / Finansiële bedryf sal as vereiste dien; of data analise en visualisering in VVPB (kleinhandel/FMCG bedryf. Sterk rekenaarvaardigheid en bevoegdheid in MS Office;Sterk kundigheid in Power BI / Tableau of ander data-visualiseringsinstrumente sal as vereiste dien;Ervaring met SQL en databasisse soos MySQL, MS SQL en PostgreSQL sal voordelig wees;Kennis van data-ingenieurskonsepte en -nutsmiddels sal voordelig wees;Kennis van Python sal voordelig wees;Uitstekende analitiese en probleemoplossingsvaardighede sal as vereiste dien;Sterk kommunikasievaardighede om komplekse data-bevindings aan nietegniese belanghebbendes oor te dra;Uitstekende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede;Detailgeoriënteerd, met die vermoë om onafhanklik te werk en veelvuldige take gelyktydig te bestuur;n Proaktiewe houding t
https://www.jobplacements.com/Jobs/D/Data-Analis-Finansiele-Dienste-en-Handel-1262008-Job-Search-02-12-2026-10-04-42-AM.asp?sid=gumtree
12d
Job Placements
Ads in other locations
SavedSave
Ons maatskappy is opsoek na ‘n
verkoops dame wat goed is met kliente terwyl ook sterk administratiewe
eienskappe besit. Die pos is goed geskik vir iemand wat kan werk met ‘n wye
verskydenheid persone op ‘n vriendelike en respekvolle wyse.
Ons vereis die volgende ondervinding:
- Uitmaak van verkoops kaarte
(jobkaarte)
- Berekening van kwotasies
-Bestellings kan neem en plaas
-Voorraad opname
- Goeie telefoon etiket
- Goed met somme
- Voordeel sal gegee word vir persone
wat tegniese tekeninge verstaan en bending schedules kan uitwerk
- Voordeel sal gegee word vir persone
wat ondervinding het in die wyn / staal bedryf
-Kan leierskap neem as die bestuurder
nie op kantoor is nie
-Moet goed kan werk onder druk
-Bereid wees om ekstra ure in te sit
as dit nodig raak
Die pos is onmiddelik beskikbaar, dus
is dit noodsaaklik dat die geskikte persoon nie ‘n kennisgewing periode het met
enige huidige posisies nie.
As u belangstel, stuur asb u cv en
salaris verwagtinge na admin@tlmaintenance.co.za
6d
RobertsonSavedSave
Winkel in Paarl is opsoek na 'n hardwerkende persoon, wat spertyd gedrewe is.Posbeskrywing:- Skakelbord- Debiteure liasering- Krediteure liasering- Cashups (dageinde kontrole en liasering soggens)- Kleinkas- Skryfbehoefte beheer- Verantwoordelik vir algemene netheid in Finansies kantore- Assisteer met debiteure rekening navrae- Assisteer met krediteure rekons- Persoonlike assistent take vir eienaar en Finansiële Bestuurder- Alle admin take in die Finansies/Admin afdeling- Ad hoc takeVereistes vir die pos:- Minimum 5 jaar ondervinding in 'n pos met soortgelyke take.- Basiese finansiële kennis- Goeie rekenaar vaardighede, veral in excel.- Goeie telefoon etiket en ten volle Afrikaans en Engels magtig- Netjies en stiptelikheidStuur CV na paarl.vacancies@gmail.com (slegs aansoeke aan hierdie e-pos address sal aanvaar word)Meld asseblief u verwagte salaris en beskikbaarheid, in u dekbrief.Geen onervare persone sal in aanmerking geneem word vir hierdie pos nie.Aanvaar u aansoek as onsuksesvol, as u nie binne 2 weke, na u aansoek, terugvoering vanaf ons ontvang het nie.
16d
PaarlSavedSave
Ons is op soek na ’n Reaksiedrywer vir die Dunoon/Durbanville-area.Vereistes:Geldige PSIRA-registrasie (Graad B)Moet betroubaar, eerlik en verantwoordelik weesMoet skofte kan werk (dag/nag/naweke)Goeie kommunikasievaardighedeVorige reaksie- of sekuriteitservaring sal ’n voordeel weesGeldige bestuurderslisensieSleutelverantwoordelikhede:Reageer vinnig op voorvallePatrolleer aangewese areasRapporteer alle voorvalle akkuraat en professioneelOnderhou maatskappyvoertuig en toerustingPOS is op n perseel geleë.Indien u nie aan bogenoemde vereistes voldoen nie, of nie binne reisafstand van Dunoon woon nie, sal geen terugvoering ontvang word nie.Epos CV aan charles@securus.co.za
3d
Other1
SavedSave
Geleentheid vir n dinamiese individu met n sterk verkoopsagtergrond.Hierdie rol is ideaal vir nuwelinge in die bedryf wat by n gevestigde handelsmerk wil aansluit en hul korttermyn makelaarspraktyk wil uitbrei met die ondersteuning van ons administratiewe kantoor of n bestaande korttermyn makelaar. Verantwoordelikhede:Ontwikkel en implementeer n doeltreffende bemarkingsstrategie om nuwe besigheid te werf en te laat groei, volgens die riglyne van ons Makelaars;Handhaaf bestaande besigheid deur professionele verhoudings met kliënte te vestig en te onderhou;Ontleed en evalueer bestaande versekeringspolisse, bied vergelykende ontledings aan en stel alternatiewe voor aan kliënte;Implementeer effektiewe besigheidspraktyke om sukses te verseker;Bou en handhaaf sterk verhoudings met beide interne spanlede en eksterne kliënte; en Bly op hoogte van die nuutste wetgewing en regulasies in die korttermynversekeringsbedryfVaardighede, Kwalifikasies en Algemene Vereistes:Graad 12 kwalifikasie sal as vereiste dien, en n toepaslike nagraadse kwalifikasie sal voorkeur geniet;Voltooide NQF 4 Kwalifikasie sal as voorkeur dien;Regulatoriese Eksamen Sertifikate (RE1/5) sal as voorkeur dien;Rekenaar vaardig en kennis van die MS Office pakket;Handhaaf uitstekende kliënteverhouding en sterk kommunikasievaardighede;Voorkeur sal gegee word aan kandidate met relevante ervaring in oesversekering en bateversekeringbemarking;Sterk geskrewe en verbale kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels;Skoon krediet- en kriminele rekord is n vereiste; enBereidwilligheid om te reis met n geldige motorlisensie.
https://www.jobplacements.com/Jobs/M/Makelaar-1263140-Job-Search-02-17-2026-04-04-10-AM.asp?sid=gumtree
7d
Job Placements
1
Postitel: Rekenmeester: Lone, Le Roux Fruit Exporters (Pty) LtdAanstellingsdatum: So gou moontlikFisiese Adres: Sandrivier LandgoedRoete 45, WellingtonDoel van Pos: Verantwoordelik vir die algehele lone- en verwante funksies van die maatskappye indie Groep.Verantwoordelikhede: Rapporteer aan Rekenmeester;Koördinering van weeklikse versameling en prosessering van data in onderskeieloonprogramme, ingesluit registrasies, diensbeeïndings, aftrekkings en alle anderrelevante inligting;Weeklikse rekonsiliasie van lone, en indiening daarvan vir betaling vir allemaatskappye;Maandelikse rekonsiliasie en verslagdoening vir die doel van EMP201 indiening deurrekeningkundige personeel;Versamel en indiening van alle relevante vorms soos vereis deur die Dep. van Arbeid;Byhou van die loonprogram met relevante en akkurate maatskappy- enwerknemersbesonderhede;Skakeling en samewerking met verskillende afdelings binne die groep, ingesluit diehantering van navrae rakende loonuitbetalings;Deurlopende bystand aan loonpersoneel;Enige ander take soos wat behoeftes ontwikkel.Vaardighede: Rekenaar- en syfervaardigheid, ingesluit en nie beperk tot kennis van Microsoft Office(bv. Excel, Word);Uitstekende kommunikasie- en menseverhoudingsvaardighede;Stiptelikheid en sterk verantwoordelikheidsin;Vermoë om onder tydsdruk te werk en weeklikse sperdatums te haal;Goeie samewerking in spanverband;Volledig taalvaardig in Afrikaans en Engels;Hoë agting vir vertroulikheid.Ondervinding, opleidingen vereistes:Suksesvolle voltooiing van Graad 12 met matrieksertifikaat is ‘n vereiste en ten minste2 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos;Gevorderde kennis van Microsoft Excel, Word, Office en SAGE VIP PAYROLL;Kennis van kloksisteme en werking daarvan, asook ervaring in die landbou-sektor sal inaansoeker se guns tel;Eie vervoer en verblyf.Verwysings: Verskaf ten minste 3 kontakbare verwysings.Navrae en aansoeke: Belangstellendes kan hul CV tesame met salarisverwagting stuur aan Ian de Wet byian@lerouxmobile.co.zaSluiting van aansoeke: Vrydag, 20 Februarie 2026 om 12h00.Algemeen: Voornemende aansoekers moet huidige/laaste/verwagte salaris aandui as deel van dieaansoek.Aansoekers wie teen 25 Februarie 2026 nie terugvoering ontvang het nie kan aanvaardat die aansoek onsuksesvol was.
20d
WellingtonPOS BESKIKBAAR: Spuitverwer (Implemente)Ons is tans op soek na ’n betroubare en hardwerkende persoon vir die pos van Spuitverwer om landbou-implemente te spuitverf.Vereistes:Geen formele kwalifikasies nodig nieVorige ondervinding in spuitverf sal voordelig weesMoet netjies en akkuraat kan werkFisies fiks en bereid wees om handearbeid te verrigBetroubaar en stiptelikMoet instruksies goed kan volgBelangrik:Aansoekers sal prakties getoets word as deel van die keuringsproses.Opleiding kan verskaf word aan die regte kandidaat.Pligte sluit in:Voorbereiding van oppervlaktes (skoonmaak, skuur, ens.)Spuitverf van implementeHandhawing van netheid en veiligheid in die werksareaIndien u belangstel, stuur asseblief u CV na Joubert1989@adept.co.za.
8d
Stellenbosch1
Postitel:Finansiële klerk - Lone, Le Roux Fruit Exporters (Pty) LtdAanstellingsdatum:So spoedig moontlikFisiese Adres:Sandrivier LandgoedRoete 45, WellingtonDoel van Pos:Verantwoordelik vir die lone- en verwante funksies van die maatskappye in die Groep. Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees om ondersteuning te bied aan die Rekenmeester: Lone mbt. die algehele lone funksie, asook aan die Rekenmeester vir krediteure- en kasboek-verwante funksies.Verantwoordelikhede:Loonfunksies asook bystand krediteure- en kasboekfunksies van Groep;Skakeling en samewerking met onderskeie eenhede se rekeningkundige personeel;Behulpsaam met jaarlikse finansiële oudit;Enige ander take soos wat behoeftes ontwikkel.Vaardighede:Vermoë om tyd effektief te bestuur, onder tydsdruk te werk en weeklikse sperdatums te haal;Vermoë om data spoedig en akkuraat te verwerk/analiseer;Hoë agting vir kontroles/prosesse en sterk sin vir aandag aan detail;Goeie rekenaar- en syfervaardigheid, ingesluit en nie beperk tot kennis van Microsoft Excel;Goeie kommunikasie- en mense-verhoudingsvaardighede;Volledig taalvaardig in Afrikaans en Engels;Hoë agting vir vertroulikheid;Stiptelikheid en sterk verantwoordelikheidsin.Ondervinding, opleiding en vereistes:Suksesvolle voltooiing van Graad 12 met matrieksertifikaat is ‘n vereiste en ten minste 2 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos;Gevorderde kennis van en blootstelling aan SAGE PASTEL en VIP PAYROLL, ‘n erkende graad en/of diploma in finansies, en blootstelling aan landbou-/uitvoerbedryf sal in aansoeker se guns tel;Eie vervoer en verblyf.Verwysings:Verskaf ten minste 3 kontakbare verwysings.Navrae en aansoeke:Belangstellendes kan hul CV tesame met salarisverwagting stuur aan Ian de Wet by ian@lerouxmobile.co.zaSluiting van aansoeke:Vrydag, 20 Februarie 2026 om 12h00.Algemeen:Voornemende aansoekers moet huidige/laaste/verwagte salaris aandui as deel van die aansoek.Aansoekers wie teen 25 Februarie 2026 nie terugvoering ontvang het nie kan aanvaar dat die aansoek onsuksesvol was.
20d
WellingtonOpsoek na verkoopspersoonMOET kennis dra van verskillende tipes staal.Indien jy IQ Retail ken sal dit 'n plus punt wees.MOET goeie kliente diens kan lewer aangesien ons 'n besige maatskappy is wat 'n betroubare en selfmotiveerde persoon vir die posissie wil aanstel.Stuur asseblief jou C.V. na bibibeier@gmail.comIndien jou C.V. geskik is vir waarna ons opsoek is sal ons jou kontak vir 'n onderhoud.
14d
BrackenfellSavedSave
'n Maatskappy geleë in Parow is opsoek na 'n Produksie Assistent.3 Maande proefperiode vir Permanente aanstelling.Vereistes:-Matrieksertifikaart-Ten volle tweetalig (Afrikaans & Engels)-MOET syfervaardig wees-Doeltreffende kommunikasievaardighede-MOET rekenaarvaardig wees (Excel & Outlook)-Goeie "data capturing" vaardighede-Goeie mense verhoudingGoeie telefoon etiket-Moet onder druk kan funksioneer-Take doelgerig en op tyd afhandel-Moet in 'n span kan werk-Geldige bestuurs lisensie-Sou die werk dit vereis, sal daar van jou verwag word om tyd tot tyd oortyd te werk teen normale oortyd tariewe.Indien jy aan die bogenoemde vereistes voldoen, stuur jou CV en afskrif van jou Matrieksertifikaart deur na juanita@stickalabel.co.zaDui asseblief jou salarisverwagting aan in jou e-pos.Geen aansoek wat deur Gumtree gestuur word sal aanvaar of na gekyk word nie.Verwys asseblief na die posbeskrywing wanneer jy aansoek doen.Neem kennis indien jy nie binne 5 werksdae van ons af gehoor het nie, dat jou aansoek onsuksesvol was.
7d
ParowEk is op soek na 'n Afrikaanssprekende dame wat na-uurs vir 2.5 tot 3 ure my kan help met basiese adminwerk by my huis. Persoon moet werksondervinding he en rekenaarvaardig wees met n kennis van Excell (nie net 'n kursus gedoen het nie). Dae/werkstye kan onderling gereel word bv 2 of 3x per week. Skakel asb 0699940957 om 'n afspraak te reel en moet nie net 'n cv whatsapp nie asb. Eie vervoer gaan nodig wees.
18d
Strand1
SavedSave
Oor die maatskappy en rol:As n Junior Finansiële Assistent gaan jy help met rekeninge, salarisadministrasie, begrotings en finansiële verslae. Jy sal in n energieke span werk binne n landbou-omgewing waar samewerking belangrik is.Jou verantwoordelikhede:Verwerk krediteure en debiteure betyds en korrekHou finansiële rekords en help met verslaeHelp met salarisse, maandelikse rekonsiliasies en begrotingsWerk met ERP-stelsels en doen Excel-ontledingsHelp met oudits en nakomingsakeWat ons soek:n Diploma in Finansies, Rekeningkunde of iets soortgelyksMinstens 3 jaar ervaring in finansies of rekeningkunde (landbou-ervaring is n plus)Praktiese ervaring met ERP-stelselsGoeie Excel-vaardighede (formules, draaitabelle, verslae)Iemand wat selfstandig, betroubaar en gemaklik is om in n landelike omgewing te werkDoen nou aansoek!Vir meer finansiële poste, besoek:
https://www.jobplacements.com/Jobs/J/Junior-Financial-Assistant-1260697-Job-Search-02-09-2026-10-40-40-AM.asp?sid=gumtree
15d
Job Placements
2
SavedSave
Permanente Pos | Interne Verkoopskonsultant (Bellville, Durbanville)Is jy ’n gedrewe verkoopsprofessie wat gereed is om jou loopbaan in 2026 na die volgende vlak te neem? Hou jy van ’n vinnige werksomgewing, geniet jy dit om met mense te skakel en floreer jy daarin om transaksies te sluit? Dan is hierdie geleentheid vir jou.Sluit aan by ’n dinamiese, vinnig-groeiende telekommunikasiegroep waar prestasie beloon word, groei aangemoedig word en jou sukses regtig saak maak. Oor die Maatskappy
Ons is ’n vinnig uitbreidende groep in die telekommunikasiebedryf en werk saam met toonaangewende handelsmerke soos Telkom, Vodacom, MTN en VOX. Ons fokus is om hoë-gehalte LTE- en Veseloplossings aan kliënte landswyd te lewer.As deel van ons gespesialiseerde interne verkoopspan sal jy met kwaliteit leidrade, moderne produkte en ’n ondersteunende span-kultuur werk wat jou help om suksesvol te wees. Jou Rol
As ’n Interne Verkoopskonsultant sal jy:
Maandelikse verkoopsteikens genereer en sluit
Met kliënte skakel via oproepe en digitale platforms
Opvolg met voornemende kliënte en hulle deur die hele verkoopsproses op hoogte hou
Sterk kliëntverhoudings bou vir langtermyn tevredenheid
Betroubare telekommunikasiehandelsmerke professioneel en met selfvertroue verteenwoordig
Wat Ons SoekErvaring & Vaardighede
1–2 jaar ondervinding in verkope (oproepsentrum- of kliëntgerigte ervaring is ’n voordeel)
Basiese kennis van telekommunikasie (LTE en Vesel verkieslik)
Sterk verbale en skriftelike kommunikasievaardighede
Rekenaarvaardig
Uitstekende tydsbestuur- en organisatoriese vaardighede
Teiken-gedrewe met sterk onderhandelings- en afsluitingsvermoë
Probleemoplosser met ’n proaktiewe “buite-die-boks” ingesteldheid
Hoë standaarde van integriteit, etiek en professionaliteit
Minimum Vereistes
Matrieksertifikaat
Vergoeding & Verdienpotensiaal
Basiese Salaris: R3,000 – R5,000
Kommissie: R1,500 – R10,000+ (prestasie-gebaseer)
Jou verdienste groei saam met jou resultate!
Gereed om Aansoek te Doen?
Stuur jou CV of navrae na:
jenna@mynet.co.za
15d
Bellville1
VEREISTES Minimum Kwalifikasie (verpligtend): Matriek / Nasionale Senior Sertifikaat Minimum toepaslike ondervinding (jare): 1â??2 jaar kleinhandel-ondervinding (bv. kleiner Spar, koöperasiewinkel, algemene handelaar) Benodigde aard van ondervinding: Bestuur van â??n kleinhandel-winkel Personeelbestuur en toesighouding Voorraadbeheer, vlak-monitering en bestellings Basiese besigheidsbestuur met finansiële verantwoordelikheid Werking met verskaffers en onderhandeling van produkte en pryse Klagte-hantering en kliëntediens Daaglikse winkel-operasies Vaardighede en Kennis (verpligtend): Rekenaar vaardig (Excel en Word) Sterk leierskap- en kommunikasievaardighede Analitiese vermoë en besluitneming Interpersoonlike vaardighede en konflik-hantering Selfstandige werksvermoë en verantwoordelikheid Hoë aandag aan detail en skoonheid-standaarde Sterk organisatoriese vermoë Kan professioneel met verskaffers onderhandel Ander: Afrikaans (professioneel en verstaanbaar) Eie vervoer nie noodsaaklik nie (winkel stapafstand vir inwoners) Werkure sluit buite-standaard ure in Moet in â??n klein gemeenskap kan integreer Energiek, leerbaar en groei-georiënteerd  SLEUTELPRESTASIEGEBIEDE EN DOELWITTE Winkelbedryf en Algemeen Bestuur Bestuur alle funksies van die R63 One Stop Winkel Handhaaf â??n skoon, professionele en georganiseerde winkel Verseker gladde daaglikse operasies Moniteer en kontroleer winkel-standaarde, dissipline en netheid Personeelbestuur en Toesighouding Bestuur en toesig oor 11 personeellede Allokeer verantwoordelikhede en stel duidelike verwagtinge Lei, motiveer en ontwikkel personeel Beheer prestasie-evaluasies en dissipline waar nodig Voorraadbeheer en Bestellings Monitor voorraadvlakke en maak tydige bestellings Verseker dat die begroting nie oorskry word nie Kontroleer rakke, vervaldatums en voorraad rotasie Optimaliseer voorraad om kliënt-behoeftes te voorsien Finansiële Bestuur en Rapportering Basiese finansiële bestuur van winkel Rapporteer aan die Finansiële Bestuurder waar nodig Verstaan en interpreteer Excel-verslae Werk saam met bestuur om wins te verbeter Kliëntediens en Gemeenskapsbetrokkenheid Bou verhoudings met kliënte in die gemeenskap Hanteer klagtes professio
https://www.jobplacements.com/Jobs/W/Winkelbestuurder--Williston-Noord-Kaap-1244464-Job-Search-02-16-2026-00-00-00-AM.asp?sid=gumtree
8d
Job Placements
SavedSave
LANDSCAPE SUPERVISOR GESOEKOpsoek na 'n opwindende geleentheid om jou loopbaan in tuin- en landskapdienste te bevorder? Ons soek 'n ervare en dinamiese en passievolle Landskaptoesighouer om ons span in Stellenbosch/Somerset Wes aan te sluit!Verantwoordelikhede:- Toesig hou oor die daaglikse aktiwiteite van ons landskapspan- Verseker die kwaliteit en voldoen aan kliëntvereistes- Bestuur spanne en toerusting- implementeer landskapplanne- Kommunikeer met kliënte en verslaglewering oor projekteVereistes:- Suid-Afrikaanse burger- Geldige bestuurderslisensie- Minimum 2 jaar ervaring in landskapdienste- Kennis van plante, tuinwerk en landskaptegnieke- Goeie kommunikasie- en bestuurvaardighede- Fisies geskik vir buitewerkVoordele:- Kompeterende salaris- Opleiding en ontwikkeling- Gesonde werk-omgewingHoe om aansoek te doen:Stuur jou CV en 'n kort motivering na nefeshlandscaping@gmail.comSluitingsdatum: 13 Februarie 2026Ons sien uit na jou aansoek!
22d
Other1
Ons kliënt, ‘n gevestigde elektriese kontrakteursmaatskappy, het ‘n HALFDAG geleentheid beskikbaar vir ‘n Rekenmeester in Prince Alfred’s Hamlet. Die Maatskappy lewer professionele elektriese dienste aan residensiële, landbou- en kommersiële kliënte, met ’n fokus op betroubare vakmanskap, nakoming van veiligheidsregulasies en vinnige diens. VEREISTES:Matrieksertifikaat.‘n Toepaslike Tersiêre kwalifikasie sal in die kandidaat se guns tel.3-5 jaar ervaring in ‘n soorgelyke posisie.Uitstekende rekenaarvaardighede.Wekende kennis van Excel en Pastel is.Uitstekende verbale en geskrewe kommunikasievaardighedeGedissiplineerd, betroubaar en gemotiveerd.Moet onafhanklik kan werk en buigbaar wees.Goeie verwysings.VERANTWOORDELIKHEDE:Teboekstelling van transaksies tot op Proefbalans.Rekonsiliasies (BTW, Bank, Debiteure en Krediteure)Skakeling met Ouditeure, Kliënte en Verskaffers.SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 12 FEBRUARIE 2026Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
https://www.executiveplacements.com/Jobs/R/Rekenmeester--Accountant-PA-Hamlet-1256929-Job-Search-01-29-2026-01-00-16-AM.asp?sid=gumtree
1mo
Executive Placements
SavedSave
AU PAIR & SKRYFHULP (Skriba) MET SUPERKRAGTE GESOEK! ✏️Is jy lief vir kinders, hou jy van roetine, en kan jy multitask soos ’n kampioen? Dan soek ons JOU!Ons is op soek na ’n betroubare, energieke Afrikaanssprekende au pair & skryfhulp (Skriba) om deel van ons span te word van Maandag tot Vrydag.Wat gaan jy doen?Skooloplaai en -aflaai Help met huiswerk (sonder trane… meestal )Ry na naskoolse aktiwiteite ♂️⚽Help as skriba by die skool wanneer nodig ✏️Wat jy NIE hoef te doen nie:❌ Geen kosmaak❌ Geen skoonmaakWat jy WEL nodig het:’n Betroubare motor ’n Geldige bestuurslisensieAfrikaans as huistaalGoeie verantwoordelikheidsin Wat ons bied: R15 000 per maand’n Lekker werksomgewing en kinders wat jou vinnig in hul harte gaan toelaat Klink dit soos jou ding? Stuur vir ons ’n boodskap – ons kan nie wag om jou te ontmoet nie!Issabel 0653695493
1mo
DurbanvilleSavedSave
Posbeskrywing
Ma – Vry: 07:30 - 13:00
1 kind (1 jaar en 3 maande)Ma-Vry: 13:00 - 16:302 Kinders (4 jaar & 1 jaar en 3 maande)
Alle Au Pair aansoekers moet aan die volgende vereistes voldoen:
· *Tweetalig Afrikaans & Engels
· *Betroubare Toepaslike Ervaring
Belangrik
· *Kode 8 Bestuurs lisensie
· *Onmiddelik beskikbaar
· *Moet 'n passie vir kinders/kreatief/sport/oefen *Markverwante vergoedings
Stuur CV na: info@schmetzneedles.co.za
NB - If
you have not been contacted within 2 weeks, please consider your application
unsuccessful.
1mo
Somerset WestSave this search and get notified
when new items are posted!
