Please note that our Terms & Conditions and Privacy Notice are applicable.
Pay & Ship
Buy with confidence. Secure payment options & nationwide delivery. Learn more
Filter & refine
Clear All
Results for klein plaas in "klein plaas" in South Africa in South Africa
SavedSave
Werksgeleenthede:
Office Furniture Fabricators (Pty) Ltd is 'n klein meubel vervaardiging onderneming geleë in Sebenza, Edenvale.
Die onderneming gaan nou in sy vierde bestaansjaar en spesialiseer in die ontwerp en fabriseering van moderne hoë gehalte kantoor meubels wat werklik waarde toevoeg en oplossings bied tot ons kliënte se uiteenlopende behoeftes.
Omdat ons 'n hoë premie plaas op kwaliteit produkte en uitstekende diens voor, tydens en na 'n verkoop transaksie, is ons op die uitkyk vir goeie mense om in diens te neem.
Die ideale kandidate vir ons besigheid is Christelik konserwatiewe mense met goeie werksetiek, eerlik, hardwerkend, leergierig, sistematies, georganiseerd en gedissiplineerd.
Poste beskikbaar:
1. Ervare Verkoopspersoon:
Die ideale kandidaat moet oor goeie verkoops- en propekteringsvaardighede beskik wat insluit tele- en epos en sosiale media bemarking en goeie kommunikasie en kliënte diens vaardighede is 'n moet.
Eie betroubare vervoer is noosaaklik. Geen kriminele rekord.
Vergoeding:
Basies, kommisie, motor- en brandstof toelaag maak deel uit van die vergoeding en sal bepaal word gebaseer op vorige bewysbare ondervinding en prestasies.
2. Operateur meubelmakers:
'n Ambag sertifikaat word NIE benodig nie maar wel goeie tegniese vaardighede waar die kandidaat prosedures stiptelik kan navolg en waarde heg aan akkuraatheid, netheid en kwaliteit.
In-diens opleiding word verskaf. Die kanidaat moet fisies gesond en sterk wees met geen drank of dwelm afhanklikheid nie en gemaklik alleen of in 'n span kan werk.
Vergoeding:
Basiese loon weekliks betaalbaar gebaseer op ondervinding, kennis en vaardighede.
Stuur asb u cv na:
officefurniturefabricators@gmail.com
Sluit asb afskrifte van u kwalifikasies, adres, bestuurslisensie en getuigskrifte in.
Indien u eers met ons wil skakel is u welkom.
U kan ons WhatsAp of bel op:
069 254 2552
Hermanus & Erna van Niekerk
Besoek gerus ons webwerf om te sien wie ons is en wat ons doen:
www.officefurniturefabricators.com
11d
Edenvale8
R 35
SavedSave
Liefde Vir N Vlinder - Didi Potgieter - Romanza.Emma Parker gaan woon vir n maand onder n skuilnaam op Pieter se plaas, waar sy nie net op die Afrika-Bos en sy diere verlief raak nie, maar oop op die baas van Ukuvusa.Tweedehandse boek.Sagteband.Afrikaans.17 CM.205 Bladsye.[Klein snytjies bladsye aan die bokant]072 501 3890.REF: 7874.Fiksie.Romanza.Romanse.Romanza Boek.Romanza Boeke.Romanza Boekie.Didi Potgieter Boek.Didi Potgieter Boeke.HIERDIE BOEK SAL AFGEHAAL WORD SODRA DIT VERKOOP IS.
3mo
12
R 200
SavedSave
Geknelde Land - FA Venter.Geknelde Land is egter baie meer as n verhaal van magtige gebeurtenisse. Dit is tegelyk n verhaal van die menslike hart, van innerlike wroeging, botsing en stryd; dis n verhaal van durf en swakheid, van luding en geluk, van teenspoed en oorwinning.Tweedehandse boek.Hardeband met omslag.Afrikaans.21 CM.328 Bladsye.[Datum en boodskap in boek][Omslag verniel en baie swak kondisie][Hardeband verniel][Merke soortgelyk soos hierdie in die boek][Tee merke soortgelyk soos hierdie in boek][Klein skeur bladsy][Pen]072 501 3890.REF: 7469.F.A. Venter.F. A. Venter.FA Venter Boek.FA Venter Boeke.Groot Trek.Volksverhuising.Grootrivier.Natal.Transvaal.Volksbewussyn.Dreyer-Gesin.Grensplaas.1834.Boeregesin.Rudolf Dreyer.Plaas.Xhosas.Historiese Roman.Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
1y
1
R 100
SavedSave
Sorg - Micki Pistorius.
Sorg is 'n historiese roman, geskryf in die genre van magiese realisme.
Die verhaal begin by die Skepping, toe die Khoi en San die koddige volstruis uitlag. Die Khoi skets die mitiese Groot Volstruis teen die muur van 'n grot in die Swartberge en die Groot Volstruis sweer wraak teen die mensdom wat hom gespot het.
Die Groot Volstruis blaas sy giftige asem oor die Oudtshoorn-distrik van die negentiende eeu en dit tref veral vir Hendrik van der Westhuizen, volstruisveerbaron op sy plaas Sorgniet. Hendrik is getroud met die vooraanstaande Isabella Fourie, maar hy is verknog aan die bediende Eva Damon. Hendrik klou vas aan die patriargale gebruik dat 'n man vir sy vrou moet sorg, en Eva glo aan die Khoi en San se geloof dat Afrika self vir haar kinders sorg.
Die Groot Volstruis gebruik die wind om oorlogswinde aan te waai en die volstruisveerbedryf word met 'n magtige vlerkslag vernietig, maar die Khoi- en Sangeeste dans steeds in die maag van die Kangogrotte.
Hendrik se nasate by Isabella en Eva oorleef die Boere-oorlog, die Wereldoorloe en Distrik Ses, en die leser volg hulle voetspore tot by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, waar die nasate weer met mekaar en met die onthutste spoke van die Volstruisveerera kennis maak.
Teen die agtergrond van ongekende rykdom van die Volstruisveerera ontvou 'n sage van liefde, verraad, gierigheid, haat en vergifnis wat die karakters selfs na hulle dood nog vasvang, in hierdie debuutroman deur dr. Micki Pistorius, forensiese profielsamesteller en skrywer van die opspraakwekkende Skimme in die skadu: reeksmoorde - 'n profielsamesteller se ware verhaal.
Tweedehandse boek.
Sagteband.
Afrikaans.
23 CM.
207 Bladsye.
072 501 3890.
REF: 1888.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 30
SavedSave
Ouverture Op Overberg – Ettie Bierman.
Is dit romanties om met n man te trou wat jy nie liefhet nie
en wat jou nie liefhet nie? Kobie Coetzee het stellig met hierdie vraag
geworstel toe die lewe haar feitlik gedwing het om met Johan Reyneke te trou –
die man van die buurplaas wat sy skaars geken het en wat sy sekerlik nie
liefgehad het nie.
Kobie het by haar broer dokter Pieter Coetzee en sy vrou
Suzette gewoon nadat haar ouers oorlede is. Volgens haar oom Jacob se testament
sou sy n plaas erf en haar broer sou n groot bedrag erf mits sy met Johan
Reyneke trou. Sy het besluit dat sy dit sou doe nom haar broer te help, want hy
het baie studieskuld gehad en hy wou gaan spesialiseer. Maar sy het nie
rekening gehou met Leane nie – die meisie aan wie Johan verloof was en wat hom
nog liefgehad het. Sy het Thys Matthee ook buite rekening gelaat – Thys wat
haar syne wou maak.
Die vonke het dus gespat – ook tussen haar en Johan. Eers
toe sy iets ontdek het in verband met die dam wat Johan wou bou, het sy geweet
waarom hy met haar getrou het. Hierdie ontdekking en die gebeure wat daaruit
voortgespruit het, het haar lewe soos met n towerslag verander.
Ettie Bierman weet hoe om n liefdesverhaal te skryf, en
hierdie pakkende roman is sekerlik een van haar beste treffers.
·
Tweedehandse boek.
·
Hardeband met omslag.
·
Afrikaans.
·
21 CM.
·
152 Bladsye.
·
Omslag is verniel, klein merkie en name en vanne
in boek.
·
072 501 3890.
·
REF: 1387.
·
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop
is.
Fiksie.
2y
12
R 35
SavedSave
Klein Venster Van Die Hart - Mike Heine.Na n liefdesteleurstelling koop Wim Ackerman op die ingewing van die oomblik n plaas op Seningkrans - n mistroostige, stowwerige plekkie met bitter min van die soort afleiding waaraan hy in die stad gewoond was.n Roman waarin liefde en spanning saamgevat word in n eg-menslike verhaal at end-uit boei.Tweedehandse boek.Hardeband met omslag.Afrikaans.150 Bladsye.[Omslag skeur plekke en stukkie weg bo en aan die onderkant / Kleefband merke][Hardeband skaaf plekke][Name / Vanne / Datum][Pen][Merke soortgelyk soos hierdie in die boek][Klein skeur bladsy][Kleefband merke in die boek]072 501 3890.REF: 7025.Fiksie.Mike Heine Boek.Mike Heine Boeke.Liefdesverhaal.Liefdesverhale.Liefde.Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 35
SavedSave
N Tweedehandse Hart - Didi Potgieter - Romanza.
Helene en Cronje "erf" sy suster se klein dogterjie en Helene moet noodgewonge n tyd lank op sy plaas gaan woon, al is hulle al vyf jaar van mekaar vervreem.
Tweedehandse boek.
Sagteband.
Afrikaans.
17 CM.
205 Bladsye.
Goeie kondisie.
072 501 3890.
REF: 6689.
Fiksie.
Romanza.
Romanse.
Didi Potgieter Boek.
Didi Potgieter Boeke.
Liefdesverhaal.
Liefdesverhale.
Afrikaanse Romanse.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 100
SavedSave
N Kwartmiljoen Mauserpatrone - Doc Immelman.
ISBN: 0 7986 0042 X.
Wynand Senekal, lid van die Suid- Afrikaanse Geheime Diens, word na Suidwes gestuur nadat aan die lig gekom het dat n boer, Piet Ludeke, binne n kort tydjie duisende Mauserpatrone gekoop het. Dit blyk ook dat Ludeke, wie se plaas naby die grens van Botswana le, baie meer beeste bemark as wat hy besit.
Tweedehandse boek.
Hardeband boek.
Afrikaans.
21 CM.
137 Bladsye.
*Boodskap voor in die boek geskryf, *omslag is verniel, *bladsye het klein merkies op, kyk asb na die foto's. (Ouer boek).
072 501 3890.
REF: 1542.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 30
SavedSave
Die Swerfkinders - Toek Blignaut.
,, Pa weet mos wat ek bedoel.
Waarom swerf ons van die een delwery na die ander? Ek gee nie om nie, Pa; ek is n seun. Maar Amalie is n meisiekind, en dis nie reg dat sy so moet grootword nie.
Hoekom kan ons nie weer n plaas koop nie?
,, Ons sal, Rool, Ons sal, maar ek het nie nou die geld om n plaas te koop nie. Jy weet dit net so goed soos ek. Daarom is ek agter die goud aan.'
Die Swerkinders is die verhaal van twee jong kinders by wie die hoop nooit beskaam het nie; dit is ook die verhaal van goudstormlope en struikrowers ... en die verhaal van vriendskappe wat baie meer werd is as die glans van goud.
Tweedehandse boek.
Hardeband.
Afrikaans.
22 CM.
106 Bladsye.
*Voor in die boek is n prentjie van die boek en ook n prentjie waaroor die boek gaan ingeplak, *klein merkies in boek.
072 501 3890.
REF: 2012.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
Fiksie.
2y
1
R 30
SavedSave
Nerens N Nuwe More – Schalkie Van Wyk.
Christa De Wet erf
skielik n groot klomp geld en vertrek dadelik na Sekeldraai om haar verloofde,
Dirk Combrinck, te gaan help om sy plaas te behou. Op Sekeldraai-stasie ontmoet
sy die bufelagtige De La Rey wat haar plaas toe neem – maar die plaas is
verlate en Dirk het verdwyn. De La Rey bied haar n betrekking aan as onder
wyseres – om na klein Leonie om te sien todat sy Dirk kan opspoor.
Maar Christa besef
speodig dat daar fout is op Soeterus. Leonie is vreesbevange en tant Karien en
Lucille – wat vroeer aan De La Rey verloof was – is vyandig en doen alles in
hulle vermoe om haar van die plaas af weg te kry. Tot oormaat van ramp ontdek
sy wie De La Rey is en daar breek n brand uit met verdoemende getuienis dat sy daarvoor
verantwoordelik is...
Nerens N Nuwe More is
n pakkende liefdesverhaal, vol menslike lief en leed.
·
Tweedehandse
boek.
·
Hardeband.
·
Afrikaans.
·
21 CM.
·
152
Bladsye.
·
Geskryf
en gekrap in boek maar die blaaie is skoon en netjies waar daar gelees moet
word. Net twee plekke waar daar geskryf
en gekrap is.
·
072 501 3890.
·
REF: 1388.
·
Hierdie
boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
Fiksie.
2y
R 140
SavedSave
’n Wydlopende herinneringsreis, deurspek met staaltjies, deur een van ons land se fynkospioniers … Met erfeniskos wat deesdae internasionaal hoogmode is, staan een kok uit: Peter Veldsman. As enigste kind op ’n plaas in die Klein-Karoo het Peter ’n fyn waarnemingsvermoë en goddelose sin vir humor ontwikkel. Die resultaat is eindeloos vermaaklike stories oor die kos en mense in sy lewe, van sy dae as kosredakteur van die tydskrif Sarie, waar Peter twee generasies Afrikaanse vroue voor die stoof touwys gemaak het, toe as kosskrywer van Rapport en, uiteindelik, as “Mister V”, eienaar van Emily’s, waar hy hom amper 20 jaar lank beywer het om van streekskos fynkos te maak en só ’n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig het. Baie van die stories is snaaks. Ander is soet-nostalgies. Sommige kyk eerlik na kwessies ná aan sy hart, soos gay-wees en die kerk. En tog, al het hy al vir bekendes en selfs beroemdes gekook en die wêreld deurkruis op soek na nuwe smake, is dit sy tante Julia en haar “koskys” wat hy steeds die helderste voor die oog roep, sy Skotse ouma, en die dag toe hy as ’n vierjarige op sy oupa se plaas in die Klein-Karoo die eerste keer ’n doukomkommer tussen sy tande geknars het ... Nostalgies, humoristies en hartroerend – ’n boek wat jou terugvat na Ouma se kombuis, maar dan ook die drumpel oor, na die wye wêreld daarbuite. Condition: very good. Price R140. Can be couriered to any place in South Africa at an additional cost
4y
Save this search and get notified
when new items are posted!
