Please note that our Terms & Conditions and Privacy Notice are applicable.
Pay OnlineSECURELYEASY DELIVERY OR COLLECTION
Buy with confidence. Secure payment options & nationwide delivery. Learn more
Filter & refine
Clear All
Results for koop en verkoop in "koop en verkoop" in East Rand in East Rand
10
R 60
SavedSave
Liefste Koos - Sarah Du Pisanie.Sommer met die intrapslag sal Sarah
du Pisanie diep in die harte van haar lesers kruip met hierdie heerlike
verfrissendlekker verhaal van haar.
Om teruggevoer te word na vervloë dae
met ‘n trek van drie transportwaens van Walvisbaai tot ver in die ongerepte
Noorde van Suidwes, is vir die moderne leser ‘n nuwe belewenis. Vir die
ouergarde wat dalk in die verre verlede iets soortgelyks beleef het, sal
hierdie boek opnuut ou herinneringe wakker roep.
Elsa Fourie reis vanaf Kaapstad per
boot na Walvisbaai, waar sy deur haar verloofde, Kurt Strassen, ‘n lid van die
Duitse Schutztruppe ontmoet sal word. In die vreemde land is Elsa heeltemal
verlore en alleen toe Kurt nie sy opwagting op die hawe maak nie. Toe sy van
die kaptein van die plaaslike troepemag verneem dat Kurt reeds geruime tyd
vermis word, besluit sy om hom te gaan soek.
Die enigste manier waarop sy die
wilde, ongetemde Suidwes kan binnegaan, is om saam te reis met die
transportwaens wat gereeld van die hawe af goedere die binneland in vervoer.
Die enigste trek waens wat op daarde stadium in Walvisbaai is, is die van die
groot en ruwe Hermaans Potgieter. Elsa is egter vasbeslote om deur te druk tot
by Otjimbingwe en met die hulp van die goedige hawehoof op Walvisbaai wat haar
voorspraak by Herrnaans Potgieter is, word sy as ‘n jong seun wie se gesondheid
nie van die beste is nie, agter in een van Hermaans se waens gemaklik gemaak
vir die lang en moeisame reis.
As Kosie Fourie, voer Elsa se reis
saam met Hermaans en sy groep Herero vee- wagters en Boesman-spoorsnyer die
leser behoorlik mee na ‘n ouwêreldse avontuur van ossespanne, tentwaens,
kampvure en ook talle ontberinge in die barre woestynwêreld van Suidwes.
Liefste Koos se avontuur sal nie lig
vergeet word nie!
Tweedehandse boek.Hardeband.Afrikaans.18 CM.232 Bladsye.[Hardeband merke en skaaf plekke][Plakker en merke waar plakker afgeskeur is][Merke soortgelyk soos hierdie in die boek][Gaaitjie in bladsy][Klein snytjies bladsye soortgelyk soos hierdie in die boek]072 501 3890.REF: 8035.Fiksie.Sarah Du Pisanie Boek.Sarah Du Pisanie Boeke.HIERDIE BOEK SAL AFGEHAAL WORD SODRA DIT VERKOOP IS.WHATSAPP: 072 501 3890.
1mo
11
R 120
SavedSave
Omnibus 2 - Elza Rademeyer - REF: 7926.Verlief en verlore op Marion.
Die seiljag waarop Louise Webber, haar verloofde en haar beste vriendin
na Nieu-Seeland vaar, raak tydens 'n hewige storm onklaar, en die volgende wat
Louise weet, is dat sy dodelik siek is en haar tussen 'n spul bebaarde gomtorre
op Marion-eiland bevind.
Dwaalspoor na Kanaän.
Weduwee Niena Pistols weet die mense beskinder en vermy haar. Hulle sê
sy is skoon beduiweld in haar kop vandat haar lieflingseun, James, so grusaam
vermoor is.
Woestynpad van verlange.
Dat die lootgieter wat die badkamer in haar skoonouers se huis kom
vernuwe hoogs aantreklik is, gaan geensins by Debbie Trediux verby nie.Tweedehandse boek.Sagteband.Afrikaans.21 CM.512 Bladsye.[Tip-ex merk binnekant boek eerste bladsy][Merke soortgelyk soos hierdie in boek][Sagteband verniel]072 501 3890.REF: 7926.Fiksie.Omnibus.Elza Rademeyer Boek.Elza Rademeyer Boeke.Jasmyn.Liefdesverhale.3 IN 1.3 Stories in 1 Boek.HIERDIE BOEK SAL AFGEHAAL WORD SODRA DIT VERKOOP IS.****KONTAK ONS GERUS OOK OP WHATSAPP - 072 501 3890 BOEKEANDBOOKS. ****
4mo
12
R 110
SavedSave
Kondensmelk Almal Se Gunsteling - Cleta Joannou.Baie mense het 'n swakplek vir kondensmelk en die boek sal
hulle baie gelukkig maak met meer as 100 resepte om van te kies.
Die boek bevat resepte wat kondensmelk gebruik vir
alles van gebakte kaaskoek tot yskasterte, heerlike grootkoeke, kleintertjies,
beskuit, muffins, kleinkoekies, truffels, dekadente bruintjies en selfs brood.
'n Volle hoofstuk word aan roomys afgestaan met wonderlike resepte vir
sjokolade fudge-roomys, Italiaanse soentjies en pistasieneut-en-nougatroomys,
om net 'n paar te noem.
Die pragtige foto's maak die boek baie spesiaal en
die een resep lyk lekkerder as die ander.Tweedehandse boek.Sagteband.Afrikaans.27 CM.192 Bladsye.[Sagteband skaaf plekke en merke 'krap' plekkies][Water merke soortgelyk soos hierdie in die boek]072 501 3890.REF: 7691.Nie Fiksie.Resep.Resepte.Kook.Kookboek.Kookboeke.Cleta Joannou Boek.Cleta Joannou Boeke.Meer as 100 Resepte.Soetgoed.Kondensmerk Resepte.Kookkuns.Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
9mo
7
R 35
SavedSave
Oorbegin - Marile Cloete - Romanza.Reinet Schreuder en haar twee susters sit almal sonder werk wanneer die pandemie alles ontwrig.Tweedehandse boek.Sagteband.Afrikaans.16 CM.205 Bladsye.[Merk in boek]072 501 3890.REF: 7214.Fiksie.Romanza Boek.Romanza Boeke.Romanse Boek.Romanse Boeke.Marile Cloete Boek.Marile Cloete Boeke.Boek.Boeke.Tweedehandse boeke te koop.Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
1y
1
R 35
SavedSave
Liefste Snip - Cecile Archer.
Na n warrelwind-vakansieromanse trou Alicia Potgieter met die aantreklike Marco Van Den Houten - vir hom was sy die "liefste-snip" van die strand en hy haar "aantreklike vreemdeling" vir wie sy n draairoomys gaan koop het.
Liefste snip is n belowende debuutroman: n tere liefdesverhaal wat die hartsnare sal roer.
Tweedehandse boek.
Hardeband.
Afrikaans.
22 CM.
152 Bladsye.
[Merke soortgelyk soos hierdie in die boek]
072 501 3890.
REF: 6668.
Fiksie.
Cecile Archer Boek.
Cecile Archer Boeke.
Liefdesverhale.
Liefdesverhaal.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 50
SavedSave
Ek En Jy - Kristel Loots.
Ek en jy is ’n heruitgawe van twee
van Kristel Loots se gewildste romantiese komedies.
’n Perfekte paartjie – Kristel Loots.
Philip Marais is ’n man wat op sy
rekenaar kan werk, sy das kan knoop én bevele aan sy ondergeskiktes kan gee met
die draai van sy oë … Maar geld kom eerste in sy lewe en die vrou wat hom wil
hê, moet daarmee saamleef.
Losbol se moses – Kristel Loots.
Kyla vlug van haar skandes Kanada
toe. In die toegesneeude dorpie wag dokter Zander de Villiers. Hy oorrompel
haar, speel met haar … Sy wéét hy’s ’n veroweraar, ’n wolf. Maar haar hart
lúister nie.
Ek en jy is ’n heruitgawe van twee
van Kristel Loots se gewildste romantiese komedies.
2 in 1 (2 Verhale).
Tweedehandse boek.
Sagteband.
Afrikaans.
19 CM.
312 Bladsye.
Goeie kondisie.
072 501 3890.
REF: 6656.
Fiksie.
Kristel Loots Boek.
Kristel Loots Boeke.
2 In 1.
Romantiese Komedies.
Lapa.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 200
SavedSave
Naas - Edward Griffiths.
Geen ander
rugbyspeler kan aanspraak maak op so 'n suksesvolle loopbaan as Naas Botha nie.
Geen ander persoonlikheid in Suid-Afrikaanse sport het sulke belangstelling en
kontroversie opgewek nie. Hy is aanbid en afkeer, maar hy word nooit geïgnoreer
nie. Vir meer as 'n dekade het hierdie uitgesproke genie kop op en van die veld
gemaak. Edward Griffiths se boek bied nou 'n insig wat oortuigend is, nie
alleen deur die siening van Botha self nie, maar ook deur sy kollegas en
familie , vriende en vyande.
Tweedehandse boek.
Hardeband met omslag.
Afrikaans.
22 CM.
267 Bladsye.
Plakker in boek, aan die onderkant van die blaaie (sommige) is dit omgevou kyk asb na die foto.
072 501 3890.
REF: 1289. Sport. Rugby.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
Nie Fiksie.Sport.
2y
1
R 45
SavedSave
Vastrapplek In Haar Hart - Dina Botha - Romanza.
Stefani en die
uiterse aantreklike nuwe skoolhoof, Brink Vorster, stamp van die eerste dag af
koppe.
Tweedehandse boeke.
Sagteband.
Afrikaans.
16 CM.
205 Bladsye.
[Pen regmerk voor in die boek wat doodgetrek is]
[Merke in die boek]
[Sagteband verniel]
072 501 3890.
REF: 6704.
Fiksie.
Romanza.
Romanse.
Romanza Boek.
Romanza Boeke.
Dina Botha Boek.
Dina Botha Boeke.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 110
SavedSave
Vier Vir Plesier - Ena Murray.
In Vier Vir Plesier ontbloot Ena Murray telkens , soos net sy kan, hoe mense voorgee wat hulle nie is nie, maar ook hoe die ware liefde terselfdetyd alle skanse en verskuilde motiewe deurbreek.
1. Droster van Doringbaai - Ena Murray.
Die Droster Van Doringsbaai is ene Koos Van Der Merwe, of so stel hy himself voor.
2. Die Despoort Van Duiwelskloof - Ena Murray.
In Die Despoot Van Duiwelskloof ontvlug Marina Minnaar Die ongelukkige verlede van haar skoonheid en roem as mannekyn deur haar as n vaal oujongnooi voor te doen en vir die brokers Michael en Johan De Beer te gaan huishou.
3. Waters Van Siloa - Ena Murray.
Petra Prinsloo, in alles die mindere van haar beeldskone suster, Paula, gaan in Waters Van Siloa tot aksie oor wanneer die ergste moontlike lot haar tref: die huwelik van haar suster met Dr. Eugene Minaar, die een man wat vir Petra alles beteken.
4. Vyf Vir Vreugde - Ena Murray.
In Vyf Vir Vreugde moet Dr. Louwda Louw, kindersielkundige, tot haar eie verbasing vind dat sy instrument antwoord op n onverwagse huweliksaanbod van Ruben Brynard, n verbitterde prokureur.
Tweedehandse boek.
Hardeband met omslag.
Afrikaans.
22 CM.
511 Bladsye.
[Naam, van adres]
[Merke soortgelyk soos hierdie in boek]
[Hardeband verniel]
[Omslag verniel]
[Klein snytjies 3 bladsye]
072 501 3890.
REF: 6188.
Fiksie.
Ena Murray Boeke.
Ena Murray Boek.
Ena Murray Vier Vir Plesier.
4 IN 1 IN Een Boek.
4 Stories In 1.
4 In 1.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 35
SavedSave
Die Grondbaron - Schalkie Van Wyk.
In Die Grondbaron koop Erika Marais en haar kunstenaarbroer,
Henno, die pragstuk van ’n huis, Drie Eike, op hul tuisdorp van weleer met die
oog daarop om ’n losieshuis daarvan te maak. Hulle het egter skaars daar
ingetrek, of dit blyk dat die verkoper, Riaan van Vollenhoven, se broer,
Wilhelm, eintlik die eerste opsie op die huis het. Maar tot tyd en wyl Riaan
hulle geld terugbetaal, het Erika-hulle geen ander heenkome nie en sy bly aan
as ’n soort van ’n huishoudster. Erika moet toesien hoe Minette du Toit en
Amalia Davel hul flikkers by die hoogs hubare Wilhelm gooi . . .
Tweedehandse boek.Hardeband.Afrikaans.22 CM.152 Bladsye.[] Merke op hardeband [][] Voorletters in boek [][] Merke soorgelyk soos hierdie in die boek [][] Klein skeur bladsye []072 501 3890.REF: 5809.Fiksie.Schalkie Van Wyk Boek.Afrikaanse Boeke.Verhaal.Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 100
SavedSave
Omnibus 4 - Hartklop - REF: 6492.
Malene Breytenbach.
Madeleine Malherbe.
Rykie Roux.
In Dokter van ver ontmoet dokter Rafaella Continari
die oorrompelende dokter Giulio di Mareneschi tydens sy besoek aan Suid-Afrika.
Sy en haar ouers word dan ook sommer na sy familielandgoed op die Italiaanse
platteland genooi.
Tydens hul besoek ontmoet sy Giulio se sjarmante broer, asook die
pragtige jong rykmanserfgenaam wat dink Giulio behoort aan háár.
In Yskoue, vuurwarm liefde vertrek Sandra Botes as skeepsdokter na
Antarktika om weg te kom van iemand se onwelkome aandag. Sy ontmoet vir
Brandon, die ekspedisieleier, en leer ken ook die aantreklike blondekop Konrad
Malan. Nou wonder sy: Watter man laat nou eintlik haar hart vinniger klop?
In Dokter Draak kruis Livia Naudé se pad ná vier jaar weer dié van die
broeiende Anton Duvel in die trauma-eenheid van ’n Pretoriase hospitaal. Hy het
egter in die ongenaakbare Dokter Draak verander. Boonop stry Livia steeds teen
die roepstem van die liefde in haar hart.
Tweedehandse boek.
Sagteband.
Afrikaans.
21 CM.
508 Bladsye.
[Merkie in boek]
[Merk met pen aan die buitekant van die boek onderkant]
072 501 3890.
REF: 6492.
Fiksie.
Liefdesverhaal.
Liefdesverhale.
Hartklop Boek.
Malene Breytenbach Boek.
Madeleine Malherbe Boek.
Rykie Roux Boek.
Afrikaanse Boeke.
Romanse.
Roman.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
9
R 80
SavedSave
As Die Doodsengel Oor Jou Drumpel Tree - Ria Witz.Rerapie om die treurende te troos.Donderdagmiddag. 10 Julie 1997. Vyf-uur, n Polisieman klop aan my voordeur en lewer n boodskap af: "Mevrou, jou seun was in n ongeluk. Hy is dood." Dood. Vier letters. n Allerdaagse woord. Maar dit steek soos duisend dolke deur jou hart - verkrummel jou bestaan.Tweedehandse boek.Sagteband.Afrikaans.21 CM.162 Bladsye.[GOEIE KONDISIE]072 501 3890.REF: 7032.Nie Fiksie.Geestelike Boeke.Ria Witz Boek.Ria Witz Boeke.Verlies.Dood.Afsterwe.Dood Van N Kind.Kinders.Kind.God.Christelike Leefwyse.Geloof.Rouproses.Rou.Treur.Ware Verhaal.Ware Storie.Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
12
R 35
SavedSave
Klein Venster Van Die Hart - Mike Heine.Na n liefdesteleurstelling koop Wim Ackerman op die ingewing van die oomblik n plaas op Seningkrans - n mistroostige, stowwerige plekkie met bitter min van die soort afleiding waaraan hy in die stad gewoond was.n Roman waarin liefde en spanning saamgevat word in n eg-menslike verhaal at end-uit boei.Tweedehandse boek.Hardeband met omslag.Afrikaans.150 Bladsye.[Omslag skeur plekke en stukkie weg bo en aan die onderkant / Kleefband merke][Hardeband skaaf plekke][Name / Vanne / Datum][Pen][Merke soortgelyk soos hierdie in die boek][Klein skeur bladsy][Kleefband merke in die boek]072 501 3890.REF: 7025.Fiksie.Mike Heine Boek.Mike Heine Boeke.Liefdesverhaal.Liefdesverhale.Liefde.Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
5
R 35
SavedSave
Rondomtalieliefde - Wilmari Jooste - Jasmyn.Suster Amanda Schoeman was nog altyd iemand met n nugter geaardheid, iemand met n nugter geaardheid, iemand wat nie maklik kop verloor nie. Maar wanneer sy sklielik met verlof gaan en twee dae later opdaag met die nuus dat sy pleegmoeder is van n pasgebore tweeling, vermoed haar kollegas onraad.Tweedehandse boek.Sagteband.Afrikaans.17 CM.154 Bladsye.Goeie kondisie.072 501 3890.REF: 7012.Fiksie.Jasmyn Boek.Jasmyn Boeke.Wilmari Jooste Boek.Wilmari Jooste Boeke.Liefdesverhaal.Liefde.Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 35
SavedSave
n Droom Vir Adrienne - Kobie Van Niekerk - Romanza.
D'Afrique is haar lewe, maar dalk haar ondergang.
Op haar wildreservaat spartel Adrienne om kop bo water te hou. Vrou-alleen. Tot Miron tot haar redding kom. Maar sy is trots, hardkoppig, agterdogtig.
En nie altyd sonder rede nie.
Tweedehandse boek.
Sagteband.
Afrikaans.
17 CM.
198 Bladsye.
Goeie kondisie.
072 501 3890.
REF: 1125.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
Fiksie.Romanse.
2y
2
R 110
SavedSave
Huisgenoot Wenresepte 2 - Annette Human.
Die tweede onmisbare kombuisgids deur Annette Human, met dieselfde sprankel en onfeilbaarheid.
*Meer resepte.
*Meer kleurfoto's.
*Meer wenke.
Elke resep getoets deur Annette Human.
Tweedehandse boek.
Hardeband.
Afrikaans.
25 CM.
239 Bladsye.
[Naam en van in boek]
[Merke soortgelyk soos hierdie in die boek]
[Merke op hardeband]
072 501 3890.
REF: 6474.
Nie Fiksie.
Huisgenoot Resepte.
Kook.
Kookboek.
Kos.
Annette Human Boek.
Annette Human Boeke.
Resepte Boek.
Resepte Boeke.
Resepteboek.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
23d
1
R 130
SavedSave
Babas, Allergiee En Rooibostee - Annekie Theron.
Tweedehandse boek.Hardeband met omslag.Afrikaans.30 CM.82 Bladsye.[Naam en van in die boek][Hardeband kyk foto asb][Klein snytjies op omslag en merke][Onderstreep met pen op van die blaaie][Merke in die boek.072 501 3890.REF: 4889.Nie Fiksie.Babas Met Voedingsprobleme.Annekie Theron Boek.Voeding Vir Die Koliekbaba.Verwagtende Moeder.Swangerskap.Dieet Vir Verwagtende Vroue.Kook Met Rooibostee.Rooibostee Boek.Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 100
SavedSave
Die Staat VS Oscar - Marida Fitzpatrick.
Oscar klop aan die deur en Reeva kom maak vir hom oop. Die man wat oor die drumpel trap, wat vir die laaste keer by hierdie huis instap, is Oscar Pistorius, skatryk, alomgeliefde wêreldberoemde Olimpiese held. Die man wat oor minder as 24 uur by dieselfde deur sal uit steier, sal 'n ánder Oscar wees. Berug, bebloed, bedroef, 'n flentersgebreekte spieël van homself."
Dis die verhoor van die jaar, die storie van die dekade. Dis 'n liefdesverhaal wat 'n hofdrama geword het, 'n sprokie wat in bloed geëindig het.
Die Oscar Pistorius-saak is al van hoek tot kant bestudeer en ontleed, in berigte en debatte bespreek. Maar nog nooit is dit van die begin tot die end as 'n spanningsverhaal vertel nie. En dít is wat Marida Fitzpatrick in Die Staat vs. Oscar doen. Sy weef die skrikwekkende gebeure van daardie nag en die mees dramatiese dele van die verhoor op só 'n manier ineen dat die boek soos 'n misdaadriller lees.
Tussendeur dié boeiende vertelling is uittreksels uit roerende onderhoude met van die betrokkenes se naastes. Die boek bevat ook 'n interessante ontrafeling van die tegniese aspekte van die verhoor: Wat het die ballistiek, die getuienis oor die gille en Oscar se twee verwere uiteindelik vir hom beteken?
Dit word alles geïllustreer met foto's wat op die toneel geneem is en grafiese voorstellings.
Die Staat vs. Oscar is 'n fassinerende storie wat nie net al die legkaartstukke van die Oscar-raaisel in plek laat val nie, maar deurentyd aangryp en meesleur.
Tweedehandse boek.
Sagteband.
Afrikaans.
23 CM.
248 Bladsye.
*x2 Plakkers in boek.
072 501 3890.
REF: 1501.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
Nie Fiksie.Misdaad.Oscar Leonard Carl Pistorius (gebore 22 November 1986 in Sandton, Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse gewese paralimpiese atleet en veroordeelde moordenaar.
2y
1
R 15
SavedSave
BreinBliksem - Fanie Viljoen.
Ek maak vir jou die hel oop," lees die SMS wat Chris Burns een reënerige aand in Bloemfontein aan sy pel Kerbs stuur. Net 'n vingerfout, maar in die loop van die volgende paar dae word dit 'n afgryslike werklikheid. Burns help vir Kerbs om by sy ma se motor in te breek. Die goed wat hulle steel, gaan verkwansel Kerbs by 'n pandjieswinkel - hulle het die geld nodig vir die BreinBliksem-rockfees wat by die Allemanskraaldam gehou gaan word. 'n Paar dae voor die konsert kry Sky Eyes, hulle ander pel, 'n epileptiese aanval in die Mystic Boer. Maar Burns weet dadelik dit was meer as net 'n aanval – hy ken vir Sky, hy kan dit in sy oë sien. En dit is ook so - Sky sê hy't bloed gesien, hulle moet wegbly van BreinBliksem af. Tog vat die drie die N1 Noord na BreinBliksem. Langs die pad laaihulle vir Partygirl op. Sy is ook op pad na die rockfees. Burns en Partygirl "connect" dadelik. Later die aand, alleen in hulle tent, stroop hulle mekaar se klere van hul lywe af terwyl die rock-musiek om hulle weerklink en vasslaan in die vertes. Maar dan gebeur daar iets wat Burns se vertroue in sy pelle onomkeerbaar skaad en sy hele wêreld op sy kop keer. Want een van hulle kom daardie aand uit die tent met bloed aan sy hande. En niks is ooit weer dieselfde nie.
Tweedehandse boek.
Sagteband.
Afrikaans.
21 CM.
116 Bladsye.
072 501 3890.
REF: 988.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
Fiksie.
2y
1
R 110
SavedSave
Omnibus 11 - Ena Murray.
Drie romans met die bekoring van
"lank, lank gelede".
In Die spookvrou van Santa Catalina
knoop die avontuurlustige Juanita de Ramiro, kasteeldogter van Cadiz, die stryd
aan teen boekanier en seerower. As seekaptein sal sy self sorg dat haar vader
se vragskepe veiligheid bereik. En spoedig word sy 'n legende, die
"spookvrou", gevrees deur elke seeman. Maar die dag toe sy De Gramont
voor sy bemanning verneder, begin sy beheer verloor oor haar hart en oor haar
lewe.
Met Roep van die Naguil verskuif die
toneel na die Kaap de Goede Hoop, na die grasieuse lewenstyl in die Kasteel. Op
die hoogtepunt van 'n swierige bal staan hy skielik daar - die gemaskerde dief,
die Naguil. Dit is die eerste maal dat Marlaine en die Naguil se paaie kruis.
Maar helaas nie die laaste keer nie.
In 'n Bruid vir graaf Debussy is Jean-Paul
Debussy al dertig, die ouderdom waarop 'n Franse edelman veronderstel is om te
trou en besadig te raak. Hy moet binne 'n maand 'n aanvaarbare bruid vind,
anders word hy onterf. Hy kom dan ook sy bruid, Simone, op 'n stormnag in 'n
herberg tee. 'n Misverstand dryf hulle egter uiteen, maar Simone besluit om
haar man terug te wen.
Tweedehandse boek.Sagteband.Afrikaans.504 Bladsye.[] Tee merke in die boek [][] Merke in die boek []072 501 3890.REF: 5480.Fiksie.Omnibus.Ena Murray Boeke.Avonture.Liefdesintriges.Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
Save this search and get notified
when new items are posted!
