Please note that our Terms & Conditions and Privacy Notice are applicable.
Pay OnlineSECURELYEASY DELIVERY OR COLLECTION
Buy with confidence. Secure payment options & nationwide delivery. Learn more
Filter & refine
Clear All
Results for werk vir mans in "werk vir mans" in South Africa in South Africa
12
R 35
SavedSave
Die Jare Vorentoe - Hannah Du Plessis.Na n kort – en uiters stromagtige
huwelik, na die dood van haar man, vertrek Arinda Roux na n heeltemal onbekende
plekkie. Sy wil n nuwe begin maak, vergeet wat agter is en die pos as
onderwyseres op Silwerduine is die ideale oplossing hiervoor.
Op haar heel eerste aand, ontmoet sy
die gewilde Gerhard Malan, asook die stuurse ou Stander. Sy kry nie die
geleentheid om juffrou Stander goed te leer ken nie, want dieselfde nag sterf
sy aan n hartaanval. Die hele dorp is geskok as dit blyk dat die person wat
hulle al die jare hier leer ken het as n verstokte oujongnooi, iewers n dogter
het. Vir Arinda bly dit n vraag hoekom die ou dame so geskok was toe sy melding
gemaak het van die balletgroep wat deur die land toer. Of was dit bloot as
gevolg van Arinda se teenwoordigheid?
Maar sy het geen tyd om hieroor te
tob nie, want die nuwe werkring hou haar besig. Die kinders, die inwoners van
hierdie dorpie waar die tyd feitlik gaan stilstaan het, die huisie wat sy huur,
die vreinskap met Fanus, Nella en Gerhard, dit alles vul haar dae.
Voordurend word sy geteister deur die
herinneringe aan die dae van gister, en eergister, beelde uit haar ongelukkige
huwelik. Geleidelik besef sy dat gister werklik dood is en dat die lewe tog nog
ander vreugde en geluk bied.
Maar voordat sy werklik vrede in
haarself kan vind maak die verblyf op Silwerduine n hele paar draaie, totdat
dit tot stilstand kom. Totdat sy die antwoord kry op baie kwellinge.
Hannah Du Plessis het Die Jare
Vorentoe – n skoon gesinsverhaal.Tweedehandse boek.Hardeband met omslag.Afrikaans.21 CM.150 Bladsye.[Naam, van, jaar en regmerk in boek][Omslag verniel en baie swak toestand][Merke soortgelyk soos hierdie in die boek][Merke op hardeband]072 501 3890.REF: 7836.Fiksie.Hannah Du Plessis Boek.Hannah Du Plessis Boeke.Gesinsverhaal.HIERDIE BOEK SAL AFGEHAAL WORD SODRA DIT VERKOOP IS.
6mo
5
R 200
SavedSave
Pluimprinse - Malene Breytenbach - Eerste Uitgawe - Eerste Druk 2010.
Wanneer Olivia Bailey in
haar Muizenbergse huis aangeval en byna verkrag word, besluit sy “om afstand te
probeer verkry” – nie net van haar werk as joernalis nie, maar ook van die
Kaap. Die enigste plek waaraan sy kan dink om heen te gaan, om weer “heel te
word”, is haar ouma se huis op Oudtshoorn. Daar is net een probleem: Olivia het
haar ouma nog nooit ontmoet nie. Want dié Joodse familie in hulle pluimpaleis
is trotse mense. Toe Olivia se ma met die verkeerde man weggeloop het, het
hulle haar onterf en nooit weer gekontak nie. . .
Op Oudtshoorn kry Olivia
’n veel hartliker ontvangs as wat sy verwag het. Sy leer nie net haar ouma ken
nie, maar kry ook ’n ander blik op haar ma en haar eie geskiedenis. In die
proses word sy oorrompel deur die vergete wêreld van Boer en Jood, swier en
vertoon, oordaad en rykdom – die tyd van die pluimprinse op Oudtshoorn. En soos
die geskiedenis vir Olivia lewend word, begin haar eie helingsproses.
Tweedehandse boek.
Sagteband boek.
Afrikaans.
Goeie kondisie (A+).
Eerste Uitgawe - Eerste Druk 2010.
320 Pages.
Malene Breytenbach.
072 501 3890.
REF: 020.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
1y
1
R 35
SavedSave
Le Fleur Se Hartebreker - Madelie Human.
Vir hierdie man moet sy ligloop, dit weet Janneli sommer in die eerste week wat sy as Le Fleur se gastehuisbestuurder begin werk.
Tweedehandse boek.Sagteband.Afrikaans.17 CM.205 Bladsye.[] Merke in die boek []072 501 3890.REF: 5267.Fiksie.Madelie Human Boek.Romanza Boek.Romanse.Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 100
SavedSave
Omnibus 5 - Ena Murray.
Vreemdeling In Eden.
Sy moet trou, binne n week n man kry - dis al uitweg om klein Essie te behou.
Tahiti, Verre Land.
Is dit blote toeval of die vangnet van die liefde wat Weda Henkel as privaat verpleegster vir die bedorwe Eugenie Levaux op die luukse Franse boot onderweg na Tahiti land?
Hartklop Van Hawaii.
Vandat die vliegtuig op die lughawe van Honolulu land, voel Kara Malherbe asof sy n rol in n onbekende drama speel - die draaiboek ken sy nie, nog minder haar mede-akteurs of haar eie rol.
Tweedehandse boek.
Sagteband.
Afrikaans.
21 CM.
506 Bladsye.
*Klein merkies in boek op van die bladsye, *klein pen merkie in boek.
072 501 3890.
REF: 1566.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
Fiksie.
2y
1
R 50
SavedSave
Legkaart Van Die Lewe - Heleen De Klerk.
Hoe weet jy of jy werklik lief is vir n man of
net gewoond is aan hom? Die vraag het soveel vertwyfeling in Mariann Vermaak se
gemoed veroorsaak dat sy haar verlowing met haar jeugliefde verbreek en op n
kibboets in Israel gaan werk het om klaarheid oor haar lewe te kry. In die
verre land ontketen die enigmatiese dokter Seth Bennof n rits nuwe
gewaarwordinge in haar – en tog bly die laaste stukkie van die legkaart haar
ontwyk.
Legkaart Van Die Lewe, deur die gewilde Heleen
de Klerk, is n fyn verhaal oor die soete verandering wat volle wasdom in n vrou
se lewe teweegbring – en oor hoe sterk die arms van n man se liefde om haar kan
vou.
Tweedehandse boek.
Hardeband.
Afrikaans.
21 CM.
152 Bladsye.
Skoon en netjies.
072 501 3890.
REF: 644.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
Fiksie.
2y
1
R 200
SavedSave
Motor Bak Herstel Werk - Muller Moore.
Motorbakherstelwerk.
AP Muller.
HJA Moore.
Hiermee word n teksboek op die gebied van motorherstelwerk in Afrikaans aangebied.
Groot hulp vir vakleerlinge en studente wat hulle wil voorberei vir die eksamens.
Tweedehandse boek.Sagteband.Afrikaans.24 CM.94 Bladsye.[] Sagteband verniel [][] Merke soortgelyk soos hierdie [][] Klein skeur bladsy []072 501 3890.REF: 5757.Nie Fiksie.Muller Moore Boek.Vakleerling.Ambagsman.Sweiswerk.Handgereedskap.Werkswinkel.Motorbak.Bakkonstruksie.Krimping.Modderskerms.Paswerk.Deurslotte.Petroltenks.Spuitverfwerk.Skool.Boeke Vir Mans.Boeke Vir Seuns.Motor.Voertuig.Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 40
SavedSave
Flenters Vir Lint - Bernette Bergenthuin - Romanza.
Van Christiaan Reynecke sou Katinka vergeet, sy sou hom uit haar hart werk ...
Hy het haar destyds verwerp. Erger nog, net geloop en haar vir die wolwe gelos. En nou is hy terug op Stellenbosch.
En sy is verloof aan Hannes Swartz, die een man teen wie Christiaan haar gewaarsku het. Dalk moes sy geluister het. Na die ou Christiaan.
Die Christiaan wat sy kon vertrou. Nie die nuwe man in Christiaan se lyf wat homself Tiaan Reyners noem nie.
Tweedehandse boek.
Sagteband.
Afrikaans.
16 CM.
197 Bladsye.
Goeie kondisie (A-).
072 501 3890.
REF: 2194.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
Fiksie.Romanse.
2y
1
R 110
SavedSave
Gesinsomnibus - Maretha Maartens.
Gesins-omnibus - Maretha Maartens.
Resepte.
Klaar met die dinge van n kind - Murray Janson.
Nader aan jou naaste - Prof. Fanie Snyman.
In n regte grootwordhuis is - Petro Havenga.
Lees die agterblad - Trudy Reinhardt.
Bottervisse in jem - Deon Meyer.
Paradysland - Johann Knobel.
Die finale geheim - JD Liebenberg.
n Moeg hond onder die bed - Elna Crouse.
Oopkaart - Maretha Maartens.
Mister Bond, Miss Ruby en Moshe Dayan - Marzanne le Roux.
Enkel maar nie alleen! - Johan Pienaar.
Net in Suid-Afrika - Tolla Van Der Merwe.
Grietjie se ete - Maretha Maartens.
Oorlog - Mike Oberholzer.
Die nette en die wette van die net - Bertie Haasbroek.
85 lekker besoekpunte - Bertie Haasbroek.
Kinderversies.
Wat haal asem? - Friedel Eloff.
Voetsek - PG Gouws.
Jagseisoen - Peet Bekker.
Ons lotgenoot, die dier - Hennie Aucamp.
Nandi - Fanus Rautenbach.
Vuurpyl - Maretha Maartens.
Die grafskender - Lou bekker.
En vir elkeen van hulle sorg God - Peet Bekker.
Man op die brug - Kas Van Den Bergh.
Bybellimerieke - Douwleen Bredenhann.
Ons eie - Christine Grove.
Die storie van die boggel - Riana Scheepers.
Waar werk Ouboet? - Peet Bekker.
Versmoor ons merkaar? - Attie Steyn.
Liewe oom draadloos - Fanie Rautenbach.
Klaaglied van n ma - winterwoorde - Marie Scott.
Vlug 111 - JD Liebenberg.
Die nege rooikoppe - Tobie Van Der Westhuizen.
Eerste aand - Francois Bloemhof.
Die botterskerf - Francois Bloemhof.
Rotveld - Maretha Maartens.
Die laaste kompartement - Francois Bloemhof.
Ken jy die vuurwaens? - Willem Pretorius.
Oop veld - De Waal Venter.
Huwelikskategese vir jongmense - Petro Havenga.
Naelstring - Stoffel Cilliers.
Gevangene - Jeanette P Du Toit.
My ma se mabies - Ida Grabe.
Onder watter boom staan jy daar? - Friedel Eloff.
Die damwal - Ernst Otto.
Die rofste storie ooit - Hans Du Plessis.
Donker nag - Hans Du Plessis.
1 Korente 13 - Geestelik.
Happel - Maretha Maartens.
Fanie verskilmaker - Tobie Van Der Westhuizen.
Gedigte.
_____________________________________________
Tweedehandse boek.
Hardeband.
Afrikaans.
30 CM.
120 Bladsye.
{Merke in die boek}
{Skeur 2 bladsye}
072 501 3890.
REF: 3870.
ATKV.
Gesinsherinneringe.
JP van der Walt.
Marinda Knox.
Fiksie.
Nie Fiksie.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 150
SavedSave
Biegbrief en Ander Verhale - Esta Steyn.
Nee, ant Millie, het Annalise gedink, ek gaan nie net my hare verander nie. Ek sal sommer vir ’n totale makeover gaan. Ek is nou moeg en siek en sat daarvoor om ’n ou lieslap te wees. Ek wil ook ’n slag soos ’n million dollar babe voel! En Petrus sal betaal. Hy sal elke sent betaal.En het Petrus betaal?
Moenie eens vra nie! Vra eerder: Het Annalise se plan gewerk? En nie net hare nie, want wat van ant Liefie se gespook – ja, letterlik – om haar kamer in Huis Viljoenshof te behou? En Aletta se plan om ná hoeveel jaar weer ’n roering in haar man se . . . uhm . . . hart te bewerkstellig? Dit is dus stories oor vroue en hul planne. Of soos Esta Steyn sê: oor vroue wat ’n bietjie kan lieg, ’n bietjie kan bedrieg en ’n bietjie kan bieg. Oor die oorsprong van die verhale sê sy: “Die merkwaardige vrou wat al my vorige, vars manuskripte opgeraap en gelees het voordat dit my werf verlaat het, was my suster. Toe verlaat sy my ná ’n siekbed.
Maar in haar absentia het sy my nie ’n oomblik alleen gelos nie. Met groot gejuig het sy hierdie keer nie die stories kom lees nie, nee, hulle sommer self hier aangebring. En my kom vertel van dié vroue. Was sy hier? wonder ek. Sy wás, weet ek. Anders was daar nou niks om oor te bieg nie … nog minder ’n bundel.”
En die resultaat? Verhale só lewenseg, soos ’n Italiaanse rok teen halfprys . . . nee, soos verbrande viskoekies en mash!
Tweedehandse boek.
Sagteband.
Afrikaans.
223 Pages.
21 Cm.
Goeie kondisie (A+).
072 501 3890.
REF: 345.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.Fiksie.
2y
1
R 30
SavedSave
Die Liefde Oorwin - Schalkie Van Wyk.
Toe die pragtige Ilse Brink universiteit toe gaan, het sy nie die spreekwoordelike sterre in haar oë en die wêreld aan haar voete nie. Sy besef dat sy hard sal moet werk – en boonop gou klaarkry – sodat sy kan help om vir haar behoeftige ouers op die plaas te sorg. En toe vat 'n nuwe idee by haar pos: as sy met 'n ryk man kan trou, 'n ryk man met baie geld, sodat sy en haar ouers nooit weer aan hulle armoede hoef te dink nie . . . Ilse is 'n gelukkige meisie, want sy loop vir Bruce Reyneke raak. Hier en daar hoor sy wel 'n storietjie oor Bruce, maar wat maak dit saak? Hy het mos baie geld en hy is beleef teenoor haar. Ilse se boesemvriend, Henk Retief, hou haar egter met 'n arendsoog dop, en hy weet: eendag sal Ilse se oë wel oopgaan. Maar dit was voordat sy ingewillig het dat die beroemde Tobias Meiring haar skilder. Tobias het ook geld, en boonop is hy aantreklik, sjarmant en die antwoord op enige mooi meisie se drome – al is hy oud genoeg om Ilse se vader te wees. Die liefde oorwin is 'n pakkende, eg-menslike verhaal wat end-uit boei.
Tweedehandse boek.
Hardeband sonder stofomslag.
Afrikaans.
21 CM.
150 Bladsye.
Ouer boek maar skoon en netjies.
072 501 3890.
REF: 508.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
Fiksie.
2y
1
R 80
SavedSave
Omnibus 2 - Saartjie - Bettie Naude.
3 In 1.
In Saartjie se donkie wys Saartjie vir Galpil-hulle hoe n mens nou eintlik n donkie behoort te ry.
In Saartjie se nuwe maat maak die Muskiete kennis met Gail Smith wat spog dat sy alles net so goed soos Saartjie kan doen.
In Saartjie se slim plan wys Saartjie vir Anna en Lina hoe n Parys-plukker werk en hoe n meisie te werk gaan om deur al wat man is bewonder te word.
*Saartjie Se Donkie - Bettie Naude.
*Saartjie Se Nuwe Maat - Bettie Naude.
*Saartjie Se Slim Plan - Bettie Naude.
Tweedehandse boek.
Hardeband.
Afrikaans.
21 CM.
[Hardeband in swak kondisie]
[Merke soortgelyk soos hierdie in die boek]
[Saartjie Se Donkie - Blaaie reg 2-116 ]
[Saartjie se nuwe maat - 2-111 Blaaie baie lig moeilik om te lees / Kyk asb dalk nie eens moonlik om te lees dit lyk of dit so gedruk was toe die boek gedruk is Bladsye 10 en 11 / 14 en 15 / 18 en 19 / 22 en 23]
[Saarjie Se Slim Plan - Blaaie reg 2-104]
[Kyk asb na al die foto's]
072 501 3890.
REF: 6629.
Fiksie.
Bettie Naude Boek.
Bettie Naude Boeke.
Saartjie Omnibus.
Saartjie Boeke.
Saartjie Boek.
Jeug.
Kinders.
Boeke Vir Kinders.
Boeke Vir Dogters.
Boeke Vir Meisies.
3 Boeke In 1.
Avonture.
Omnibus-Vorm.
Kaskenades.
Lees.
Leesboek.
Boeke Vir Jong Kinders.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 30
SavedSave
Romanse Agter Die Skerms - Helena Hugo - Melodie.
Colette kyk elke maand in haar gunsteling tydskrif wie hierdie keer die held van die maand is. In ‘n kompetisie wat net so gewild soos Idols is, wen een gelukkige meisie ‘n naweek saam met daardie maand se held op ‘n romantiese gasteplaas. Colette glo nie juis so ‘n afpaar vir ‘n naweek – boonop met die media konstant naby – kan baie romanties wees nie.
In ‘n konkelary, skryf haar vriende by die tydskrif vir Colette in en sorg dat sy ‘n week wen saam met die Desemberheld: Emile. Maar Emile is juis die een man saam met wie Colette nié wil wees nie. Want hy hét al haar hart gebreek. En sy kan hom nie verdra nie. Sal hierdie naweek hulle weer bymekaar bring? Of is dit die aantreklike Antoine de La Roche wat Colette se hart sal verower?
Tweedehandse boek.
Sagteband.
Afrikaans.
18 CM.
224 Bladsye.
Goeie kondisie.
072 501 3890.
REF: 624.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
Fiksie.
2y
1
R 50
SavedSave
Beminde Vyand –
Schalkie Van Wyk.
Sunette Landman keer
na haar studiejare na haar ouma Jakkie op Landmanshoogte terug om daar as
leerling-prokureur te begin werk. Sy het haar lewe lank in L’Avenir, ouma
Jakkie se statige ou Tudorwoning, grootgeword, terwyl sy gereeld by haar oupa
Casper Landman op Toekoms gekuier het.
Sommer met die
intrapslag besef Sunette dat ouma Jakkie iets vir haar wegsteek; iets wat met
Marie-Louise, haar halfsuster, te doen het. Na vrugtelose pogings van haar kant
af om meer omtrent Marie-Louise by haar ouma uit te vind, pols sy ook vir oupa
Casper tydens n kuiertjie op die plaas. Ook oupa Casper bly ontwykend...
Om haar eerste dat
terug op Landmanshoogte nog meer katastrofies te maak, tuimel sy in haar
vriendin Willemien se boekwinkel van n leer af – n man met die mooiste diepblou
oe skoon onderstebo! Sy aanraking stuur n vreemde tinteling deur haar binneste
– totdat sy hoor hy is n verloofde man.
Van daardie oomblik
af word Sunette en Eduard beminde vyande, want beide weet dat hulle mekaar nie
mag liefhe nie – liefde en haat loop immers hand aan hand.
En dan is daar nog
die geheimhouding rondom Marie-Louise... Wat steek ouma Jakkie-hulle vir
Sunette weg?
Schalkie Van Wyk Se
Beminde Vyand sal tot op die laaste bladsy boei. N Bobaasvertelling deur n
bobaasskryfster.
·
Tweedehandse
boek.
·
Hardeband
met omslag.
·
Afrikaans.
·
22 CM.
·
168
Bladsye.
·
Omslag
onder is geskeur.
·
072 501
3890.
·
REF: 1418.
·
Hierdie
boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
Fiskie.
2y
Save this search and get notified
when new items are posted!
