Back to search (Western Cape > Cape Winelands > Commercial & Residential Property for Sale & Rent > Apartments for Rent> ad 1345459846)
Unfortunately, another Gumtree user is in the process of purchasing this item. Check back later in case they've changed their mind, or click the button below to browse more Pay & Ship listings.
STUDENT-AKKOMMODASIE NIE NSFAS-GEAKKREDITEER Naby kampus: Gemeubileerde bachelor
R 6,200
Reason for Reporting
Beskikbaar vir ’n US-student vanaf 15 Januarie 2026. Naby Ingenieursfakulteit en stapafstand na ander universiteitsgeboue en middedorp. ’n Gemeubileerde bachelor met eie buite-ingang is beskikbaar. Dit is geleë in ’n huis wat ‘n klein kompleksie van 8 bachelors vorm vir US-studente, mans en dames. Adres: Voorpleinstraat 6. Dit is ’n kort straatjie parallel met Birdstraat en tussen Krommerivierstraat en Mount Albertstraat.
Die bachelor is gerieflik toegerus en ingerig met ’n oopplankombuisie of kookhoekie en ’n eie badkamer. Die huur sluit koppeling aan ’n ADSL-internetlyn in, asook die gebruik van 250GB per maand. (Meer GB kan bygekoop word.) Daar is voldoende parkeerplek op die erf in ’n elektries-omheinde parkeerarea. Daar is ook ’n onderdak-fietsloods. Langs die huis is ’n gemeenskaplike ontspanningsarea onder die groot avokadopeerboom. Daar is verder klerewasgeriewe in ’n waskamer.
Uitstekende sekuriteit: Die bachelor het ’n eie alarmstelsel wat met ’n remote geaktiveer kan word en geskakel is met ’n sekuriteitsfirma. Daar is hoë mure met elektriese bedrading al om die plek, diefwering en sekuriteitshekke. Daar is ook elektriese strale (beams) wat met elkeen se remote gestel kan word.
Huur: R6 200. Deposito: R6 200.
Huurtydperk: 1 Januarie – 30 Nov 2026.
Koopkrag Eie warmwatersilinder en eie koopkragmeter. Eie elektriese apparate moet voorsien word.
Leefstylreëls geld om ’n aangename, goeie studie-atmosfeer te verseker.
Kontak eienaar: 0825016381/ gsvdm@carelsburgh.co.za
Read More
