Back to search (Western Cape > Cape Winelands > Commercial & Residential Property for Sale & Rent > Apartments for Rent> ad 1345459621)
Unfortunately, another Gumtree user is in the process of purchasing this item. Check back later in case they've changed their mind, or click the button below to browse more Pay & Ship listings.
STUDENT-AKKOMMODASIE 2026: Bachelor, stapafstand van US-kampus Nie NSFAS-geakkrediteer nie
R 4,750
Reason for Reporting
’n Klein, maar gerieflike, gemeubileerde bachelor is vanaf 15 Januarie beskikbaar vir ’n US-student. Dit is naby die Ingenieursfakulteit en stapafstand van ander fakulteite soos Lettere, Opvoedkunde, Regsgeleerdheid, ens. Die bachelor is geleë by Krommerivierstraat 4, Stellenbosch in ’n huis wat bestaan uit ’n paar bachelors vir studente. Hierdie bachelor bestaan uit ’n slaap/studeervertrek, met ingeboude boekrak, ’n kombuishoekie, toegerus met kassies en ’n ingeboude klerekas. Dan is daar ’n eie en suite-badkamer. In en om die huis is verder gemeenskaplike ontspanningsareas. Dit is ’n stil, rustige huis met goeie studie-atmosfeer in ’n rustige buurt. Enkele leefstylreëls geld. Kontrak vanaf 1 Januarie tot 30 November 2026. Parkering in elektries-omheinde parkeerarea op die erf is ingesluit by die huur. Parkeer-area is bereikbaar uit Faurestraat, aan die agterkant van die huis. Onderdak-fietsloods. Internetkoppeling. 250GB per maand is ingesluit by die huur. (fibre)
Uitstekende sekuriteit. Eie en algemene alarmsisteem geskakel met ’n sekuriteitsfirma. Elektriese omheinings en diefwerings. Klerewasgeriewe en skoonmaakapparaat..
Prys R4 750 p.m.. Deposito 4 750. Koopkrag. Het eie warmwatersilinder en eie kragverbruik word gemeet, maar deel die koopkragmeter met twee Afrikaanssprekende US studente in aangrensende bachelors.
Kontak eienaar: 082 501 6381 / gsvdm@carelsburgh .co.za
Read More
