Please note that our Terms & Conditions and Privacy Notice are applicable.

Gustav Snyman
Selling for 4+ years
Total Ads14
Active Ads7
Seller stats
14Total Ads
510Total Views
Verified information
This indicates that Gumtree has taken reasonable steps to verify the authenticity of the Seller’s profile.
Read More
Read More
Mobile number
Email address
- Most Recent
- Most Recent
- Low Prices
- High Prices
7 Active Ads
3
R 250
SavedSave
(Let wel: Hierdie produk word tans slegs op aanvraag gedruk.)Hierdie hardeband A5-joernaal beeld die profeet Siener uit op die omslag met verskeie van sy gesigte. Die ontwerp was oorspronklik begin as ‘n collage en verwerk met verskeie programme soos Illustrator en Photoshop.Aan die binnekant is daar netjiese lyntjies vir jou eie aantekeninge, gedagtes en planne. Die sntrale gedeelte waar die joernaal gebind is word verskeie simbole van Siener se gesigte uitgebeeld. Die joernaal is ideaal vir daaglikse gebruik, Bybelstudies, notules of persoonlike refleksies.Hierdie joernaal is die ideale geskenk vir enigeen wat belangstel in Siener, ons volk se geskiedenis, erfenis, of bloot iets besonders wil hê wat met trots gebruik kan word.Gewig: 341 gDimensies: 215 × 170 × 20 MmBladsye 180Datum 2025Omslag: HardebandKondisie: Nuut
23d
4
R 250
SavedSave
(Let wel: Hierdie produk word tans slegs op aanvraag gedruk.)Skakel na Joernaal: https://vaandel.co.za/produk/joernaal-republiek-van-die-transvaal/Hierdie hardeband A5-joernaal bring ’n huldeblyk aan die ou Republiek van Transvaal. Die voorblad vertoon die wapen van die Republiek – ’n ontwerp wat ’n kombinasie is van 3D-modelering (Blender), Photoshop en illustrasie. Op die agterblad verskyn ’n strofe uit die Transvaal se volkslied, saam met die historiese vlag.Binne is daar netjiese lyntjies vir jou eie aantekeninge, gedagtes en planne. Dit maak die joernaal ideaal vir daaglikse gebruik, Bybelstudies, notules of persoonlike refleksies.Hierdie joernaal is die ideale geskenk vir enigeen wat belangstel in ons volk se geskiedenis en erfenis, of bloot iets besonders wil hê wat met trots gebruik kan word.Gewig: 341 gDimensies: 215 × 170 × 20 MmBladsye 180Datum 2025Omslag: HardebandKondisie: Nuut
23d
3
R 250
SavedSave
(Let wel: Hierdie produk word tans slegs op aanvraag gedruk.)Skakel na Joernaal: https://vaandel.co.za/produk/joernaal-republiek-van-die-oranje-vrystaat/Hierdie hardeband A5-joernaal bring ’n huldeblyk aan die ou Republiek van die Oranje-Vrystaat. Die voorblad vertoon die wapen van die Republiek – ’n ontwerp wat ’n kombinasie is van 3D-modelering (Blender), Photoshop en illustrasie. Op die agterblad verskyn ’n strofe uit die Vrystaat se volkslied, saam met die historiese vlag.Binne is daar netjiese lyntjies vir jou eie aantekeninge, gedagtes en planne. Dit maak die joernaal ideaal vir daaglikse gebruik, Bybelstudies, notules of persoonlike refleksies.Hierdie joernaal is die ideale geskenk vir enigeen wat belangstel in ons volk se geskiedenis en erfenis, of bloot iets besonders wil hê wat met trots gebruik kan word.Gewig: 341 gDimensies: 215 × 170 × 20 MmBladsye 180Datum 2025Omslag: HardebandKondisie: Nuut
23d
4
R 150
SavedSave
Vaandel Uitgewersvaandel.co.zaENGELE MET ONS deur Martin LineIn ‘n wêreld van droefheid en onregverdigheid bied die Christengeloof ‘n hoopvolle boodskap: God stuur engele om ons te troos, te lei, en soms te vermaan, soos bewys deur tientalle stories in die Ou- sowel as Nuwe Testament. Engele kom dikwels mense bystaan in tye van nood, krisissituasies, of trauma, soos in die boek “Engele met ons,” waar gevallestudies en aangrypende getuienisse u kennis van hierdie besondere wesens en hulle rol sal verdiep.Skakel na Boek: https://vaandel.co.za/produk/engele-met-ons/Gewig: 200 gDimensies: 210 × 143 × 5 MmISBN: 978-0-620-58976-5Bladsye: 128Datum: 2013Kondisie: Nuut-------------------------------------------------------------------------NIBIRU - Openbaring deur Annelize SnymanSedert 1983 het die moontlikheid van ‘n groot hemelliggaam net buite ons sonnestelsel die onderwerp van intense spekulasie geword. Ons is nou 30 jaar later, waarin amateur sterrekundiges sowel as wetenskaplikes die ruimte angstig dophou om te sien hoe ons buitenste planete versteur kan word deur ‘n groot planeet of bruin dwergster.Gewig: 185 gDimensies: 210 × 136 × 13 MmISBN: 1-919728-35-XBladsye: 160Datum: 2012Omslag: Sagte BandKondisie: Nuut
23d
3
R 150
SavedSave
Vaandel Uitgewersvaandel.co.zaDie gesigte van Siener van Rensburg wat hier behandel word, het betrekking op gebeurtenisse wat gedurende die afgelope dekade of wat in Suid-Afrika, asook die res van die wêreld, afgespeel het, of besig is om in vervulling te gaan.it sluit in die volgende: grenslyne wat verlê word; ons taal en volk word uitgerangeer; ’n ontsaglike burgeroorlog in Rusland (Siener sê dis ook die aanloop tot die 3de Wêreldoorlog); die ergste droogte in SA se geskiedenis; die korona-plandemie – ’n wêreld in gevangeskap; alles wat verberg is, word oopgevlek; verraad in eie geledere; die NG Kerk se troubreuk; hongersnood wêreldwyd; Ierland word onafhanklik; beurtkrag en Koeberg; die karre staan op die bulte; mystakings; Brittanje se ondergang, en ons volk se terugkeer tot God.Gewig: 150 gDimensies: 210 × 137 × 9 mmISBN: 978-0-6397 1808-8Datum: 2022Kondisie: Nuut
23d
1
R 150
SavedSave
Vaandel Uitgewersvaandel.co.zaByna drie dekades het verloop sedert Adriaan Snyman die pad met die Boereprofeet en sy visioene in 1990 begin stap het. Dit was van meet af ’n taai, opdraande stryd, maar ook ’n heilsame pad, besaai met wonderwerke. Want dit wat hy op daardie pad beleef het, was vir hom net so ’n groot gebeurtenis as die ontdekking van die visioene self. En op hierdie pad het heelwat van ons volksgenote menige dag ’n hand uitgesteek om dit vir hom gelyk te maak. Hulle figure verskyn in die loop van hierdie verhaal.Omdat Adriaan Snyman hom steeds met Siener se gesigte besig hou, het hy intussen ook op heelwat visioene en verklarings afgekom wat vir ons ’n duideliker prentjie gee van belangrike gebeure wat nog moet plaasvind – lotsbepalende gebeurtenisse wat Siener se profetiese toekoms vir ons verder ontsluit.Skakel na ons Webblad: https://vaandel.co.za/product/wonderwerke-op-my-siener-pad/Gewig: 175 gDimensies: 213 × 137 × 7 MmISBN: 978-0-6399778-2-9Bladsye: 147Datum: 2019Kondisie: Nuut
23d
4
R 330
SavedSave
Vaandel Uitgewersvaandel.co.zaWaar die Leeu Nog Brul bring hulde aan Suid-Afrika se uniekheid en buitengewone prestasies. Dit neem die leser op ’n reis deur die land se geskiedenis, van die eerste vestiging aan die Kaap tot die tyd toe Suid-Afrika as ’n industriële reus wêreldwye erkenning ontvang het vir sy wetenskaplike, kulturele en militêre bydraes.Hierdie boek vertel die verhaal van ’n volk wat ’n volkseie staat uit die grond opgebou het: van pioniers wat in ’n ongenaakbare landskap moes oorleef, tot ingenieurs en wetenskaplikes wat, ten spyte van boikotte en internasionale druk, werk van wêreldgehalte gelewer het. Teen alle verwagtinge het hierdie volk ’n eie kultuur, identiteit en vooruitstrewende ekonomie gesmee, met prestasies wat strek van gevorderde kernnavorsing en lugvaartontwikkeling tot selfonderhoudende nywerhede soos Sasol en Yskor.Terselfdertyd is dit ’n sober herinnering aan wat verlore gegaan het: ’n land met ongekende potensiaal wat deur korrupsie en wanbestuur verwoes is. Waar die Leeu Nog Brul is nie net ’n huldeblyk aan ’n volk wat deur geloof en deursettingsvermoë hierdie land opgebou het nie, maar ook ’n waarskuwing – oor wat gebeur wanneer ’n volk sy erfenis prysgee.Uitgewers: Vaandel UitgewersGewig: 356 gDimensies: 210 × 138 × 20 MmISBN: 978-1-0370-3187-8Bladsye: 318Datum: Februarie 2025Omslag: SagtebandKondisie: Nuut
23d
Successfully Added to List
View and manage your saved ads in your account.
