Please note that our Terms of Use and Privacy Notice are applicable.
On Promotion in Property
Some search tips we've found useful:
- Check the spelling of your search terms
- Use fewer or more general search terms
- Try browsing a category related to your search terms
Ads in other locations
9
R 11,550,000
SavedSave
Die 5394-hektaar plaas spog met baie goeie veldbedekking, agv goeie bestuur en konserwatiewe beweidingsmetodes tydens die voorafgaande jare. Dit is gelee ongeveer 40-km vanaf Vosburg en 65-km vanaf Carnarvon, in die Westelike Karoo. Die natuurlike weiding het uitstekende veldbedekking bestaande uit groot verskeidenheid vreetbare Karoo-bossies en -struike, waaronder die Karoobos, Ganna, Perdekaroo, Skilpadkaroo, Kapokbos en groot areas is bedek met lang- en kortbeen Boesmangras. Die topografie bestaan uit uitstekende natstoot leegtes, rante en gedeeltelike bergveld met goeie voorskootveld. Die gemiddelde jaarlikse reenval van 250mm kom hoofsaak voor gedurende somer en herfs. Die droe warm klimaat met koue winters en warm somers is baie gesonde toestande en dra by tot min veesiektes en tot die produksie van hoe kwaliteit vleis en wol. Die amptelike drakrag wissel van 1:28 tot 1:30 GVE/hektaar en derhalwe kan daar met gemak met 1,155 kleinvee eenhede geboer word. Die boedery infrastruktuur bestaan uit 16 weikampe en elke kamp is voorsien van een of meer veesuipings. Die grootste gedeelte van die plaas is jakkalsproef omhein. Water word voorsien vanaf 9 windpompe asook `n sonpomp. Daar is sterk ondergrondse water wat ook die geleentheid skep vir besproeiingsmoontlikhede. Die woonhuis kort baie aandag. Dit bestaan uit 4 slaapkamers, 3 badkamers, TV-kamer, sitkamer en kombuis. Die twee rondawels het ook badkamers en daar is ook `n sogenaamde jagtershuis en 2 arbeidershuise. Daar is ook `n groot stoor en werkskamer. Lewendehawe bestaan uit 450 Dorper- en kruisrasooie asook teelramme wat ingesluit by die prys van die lopende saak. Die verkoper is `n geregistreerde BTW ondernemer en daarom word die plaas met lewendehawe aangebied as `n lopende saak teen R11,550,000.00 BTW teen 0% uitgesluit. Neem ook kennis dat `n aangrensende 1967-hektaar plaas ook te koop is. Indien dit ook bygekoop word en as `n eenheid geboer word, sal dit `n groter ekonomies lewensvatbare eenheid vorm.Property Reference #: RL4559Agent Details:Jan VosAgrisell PTY Ltd9A Kerk StreetPiketberg7320
1y
10
R 9,840,000
SavedSave
Hierdie uitstekende veeplaas beslaan 11 000 Ha en is opgedeel in 31 behoorlik omheinde kampe, elke kamp met toegang tot n veesuiping. Die buite grensheinings bestaan uit 14 drade, en is geëlektrifiseer om jakkalse en ongediertes uit te hou. Die plaas het 10 boorgate met windpompe en 13 sement damme. Verder loop die Sakrivier, wat meeste van die tyd n droë loop is, deur die plaas, wat veroorsaak dat ongeveer 4 000 Ha, in die gebied van die Sakrivier, baie geskik is vir beesboerdery. Die res is hoofsaaklik geskik vir skaapboerdery. Daar word ook 100 Skaap ooie ingesluit.Verder bied die plaas n drieslaapkamer plaashuis met groot vertrekke, wat insluit n sitkamer, eetkamer, stoepkamer, kombuis en 2 ingeboude braaie. Daar is ook n sonkrag stelsel met n 4,5 KVA omskakelaar.Property Reference #: CL377Agent Details:Johan Stemmet3 Percent Com Properties (PTY) Ltd15 Christiaan De Wet StreetJan Kempdorp8550
8d
7
Contact f/price
SavedSave
Uitstekende gespaarde plaas. Bogemiddelde grootte eenheid.Goeie gemengde veld met goeie stand van bossieveld en Boesmansgras.11 kampe met 13 boorgate.Stewige 3 slaapkamer woonhuis. arbeidershuis. koeistal en dubbelmotorhuis.Die plaas het sowat 3 jaar laas vee gedra, dus is die stand van die veld uitsonderlik. Veld varieer tussen Boesmansgras / Kriedoring mengsel op sagte grond en ranteveld met skaap-envyebos. Gannaleegte in 5 kampe. Maklike terrein en oral toeganklik. Goeie leegteveld.Naby die dorp op teerpad. Opstal nie sigbaar van die pad nie.Inligting en tenderdokumente beskikbaar.Property Reference #: RL4746Agent Details:Albie LoubserHome and Hectare43b 6th AvenueWalmerPort Elizabeth
1y
Successfully Added to List
View and manage your saved ads in your account.