Please note that our Terms & Conditions and Privacy Notice are applicable.
Pay & Ship
Buy with confidence. Secure payment options & nationwide delivery. Learn more
Filter & refine
Clear All
Results for goeie begin in "goeie begin" in South Africa in South Africa
5
R 200
SavedSave
Pluimprinse - Malene Breytenbach - Eerste Uitgawe - Eerste Druk 2010.
Wanneer Olivia Bailey in
haar Muizenbergse huis aangeval en byna verkrag word, besluit sy “om afstand te
probeer verkry” – nie net van haar werk as joernalis nie, maar ook van die
Kaap. Die enigste plek waaraan sy kan dink om heen te gaan, om weer “heel te
word”, is haar ouma se huis op Oudtshoorn. Daar is net een probleem: Olivia het
haar ouma nog nooit ontmoet nie. Want dié Joodse familie in hulle pluimpaleis
is trotse mense. Toe Olivia se ma met die verkeerde man weggeloop het, het
hulle haar onterf en nooit weer gekontak nie. . .
Op Oudtshoorn kry Olivia
’n veel hartliker ontvangs as wat sy verwag het. Sy leer nie net haar ouma ken
nie, maar kry ook ’n ander blik op haar ma en haar eie geskiedenis. In die
proses word sy oorrompel deur die vergete wêreld van Boer en Jood, swier en
vertoon, oordaad en rykdom – die tyd van die pluimprinse op Oudtshoorn. En soos
die geskiedenis vir Olivia lewend word, begin haar eie helingsproses.
Tweedehandse boek.
Sagteband boek.
Afrikaans.
Goeie kondisie (A+).
Eerste Uitgawe - Eerste Druk 2010.
320 Pages.
Malene Breytenbach.
072 501 3890.
REF: 020.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
1y
1
R 100
SavedSave
Die Bloedmaan Profesie - Mark Hitchcock.
Het die finale aftelling na die eindtye begin?
Is daar tekens in die hemel wat vir ons sê die einde is naby?
Astronome het die tekens opgemerk. Geskiedkundiges het die betekenis daarvan herken. In 2014 en 2015 is daar die fenomeen in die hemelruim van vier bloedmane wat gedurende die Joodse feesdae plaasvind. Dit het nog net drie maal in die geskiedenis plaasgevind: 1493-94, 1949-50 en 1967-68.
Elkeen van hierdie datums het ’n buitengewone betekenis vir die Israeliete gehad. Vanaf die ontdekking van die Nuwe Wêreld tot die skepping van moderne Israel, is die jare waarin die vier bloedmane verskyn het, ware keerpunte in die geskiedenis.
In Bybel-profesieë word kere beskryf wat die maan donker en bloedrooi word. Wat is die betekenis van hierdie tekens in die hemelruim? Wat hou die toekoms in? Mark Hitchcock lei jou deur die toepaslike Bybelverse sodat jy die tye waarin jy leef, kan verstaan.
Tweedehandse boek.
Sagteband.
Afrikaans.
177 Bladsye.
22 Cm.
Goeie kondisie (A+).
072 501 3890.
REF: 357.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 50
SavedSave
Maskerade - Ansie Van Niewenhuizen.
Toe die argitek Quinn lewis op een dag n loodgieter in sy huis, die direkteur van n firma in n vergadering en n prostituut in n deftige dameskroeg sien wat almal dieselfde lyk en dieselfde stem het, begin hy vermoed hy is van sy varkies kwyt. Gelukkig is sy tweelingbroer, Tony, soos altyd daar om sy plek in te neem as die situasie dreig om handuit te ruk ...
Maskerade is n skreeusnaakse, slim storie oor perfekte misverstande in die briljante skryfstyl van Ansie Van Nieuwenhuizen.
Hardeband boek.
Afrikaanse boek.
Tweedehanse boek.
Goeie kondisie.
152 Bladsye.
072 501 3890.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.Fiksie.
2y
1
R 100
SavedSave
Buitenhuise Verftegnieke En Faux-Afwerkings - Marina Niven - Louise Hennings.
Buitenhuise Verftegnieke en Faux-Afwerkings is kleurvol, inpirerend en prakties, en dit wys beginners sowel as professionele versierders n verskeidenheid dekoratiewe verfafwerkings wat geskik is vir buitemure, vloere en houtwerk.
*n Verskeidenheid asemrowende effekte vir vyf oppervlakke: hout, pleister, sement, metaal en klip.
*Sluit n reeks projekte in vir mure, vloere, vensters, tuinmeubels en planthouers.
*Duidelike teks en stap vir stap foto's wat dit vir die lesers maklik maak om die projekte te skep.
* Advies oor oppervlakvoorbereiding, kleurgebruik en basiese toerusting.
Tweedehandse boek.
Hardeband met omslag.
Afrikaans.
28 CM.
128 Bladsye.
*Goeie Kondisie*
072 501 3890.
REF: 6264.
Nie Fiksie.
Huis.
Buite.
Tuin.
Marina Niven Boek.
Louise Hennings Boek.
Huis.
Verf.
Maak Mooi.
Binneversierders.
Rondom Huis.
Dekoratiewe Afwerkings.
Verfwerk.
Kleurkalkwerk.
Marmer.
Sponswerk.
Mure.
Stoep.
Kunswerke.
Werk Buite En Maak Mooi.
Stokperdjies.
Faux-Pleister.
Dekoratiewe Patrone Op Mure.
Vensterrande.
Stensilmotiewe Op N Muur.
Traliewerk.
Sementvloere.
Gestensilde Mosaiek En Randpatrone.
Geverfde Teels En Randpatrone.
Houtafwerkings.
Gebreikte Of Kalkafwerkings.
Verwering.
Faux-Metaalafwerkings.
Klipafwerkings.
Klipblokwerk.
Fotografie - Deidi Von Schaewen - Craig Fraser.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
2y
1
R 30
SavedSave
Pion Op Die Blokkiesbord - I.D. Lamprecht.
Een ding weet Jack Mapele klaarblyklik baie
goed: met dreigemente kom mens ver. Met dreigemente kan n mens selfs van doktor
Skip Wessels n pion op die blokkiesbord maak.
Sy opdrag: vermoor die twee generaals wat sy
vader se magsposisie bedreig. Die alternatief: die bekende Suid-Afrikaanse
kernwetenskaplike en sy dogter sterf... sowel as Skip Wessels self.
Jack Mapele ken egter ooglopend nie vir hierdie
modern Robin Hood nie. Hoe raadsaam dit ook al mag wees, kan Skip nie sake
aanvaar soos hulle is nie – nie as daar ruimte vir verbetering is nie.
Skip bekyk sake vanuit sy benoude posisie,
besluit daar is ruimte vir verbetering en begin sy planne beraam. Pion moet hy
speel, maar een feit verloor hy nie uit dieoog nie: n skaakspel het twee kante.
Een van die vliee in die salf is sy
‘assistente’, Elke Svenson. Sy is nou wel iets vir die oog, om nou nie
heeltemal liries te raak nie, maar ... is sy werklik hier om hom te help?
Tweedehandse boek.
Hardeband met omslag.
Afrikaans.
21 CM.
166 Bladsye.
Goeie kondisie, ouer boek.
072 501 3890.
REF: 652.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
Fiksie.
2y
1
R 150
SavedSave
Omnibus 27 - Ena Murray.
So leeg die moederhart is die aangrypende verhaal van Heilna Serfontein se meedoënlose soektog na haar seun . . . en as vrou ontdek sy boonop vir die eerste keer wat ware liefde is.
Op pad na Kanaän is ’n diep geestelike verhaal van vreemdelinge wie se lewens onlosmaaklik ineengestrengel raak op Môrestond, ’n plek waarheen mense gaan om weer sin in hul bestaan te vind.
Bergwind oor Karma is ’n lekkerlees-speurverhaal propvol liefde, spanning en intrige. Toe die versengende bergwind met die aanbreek van die Kersseisoen deur Erna Paulsen se karavaanpark begin waai en haar gemoedstoestand behoorlik omkrap, noem sy die wind op sy skeldnaam: moordwind!
Net ná middernag is ’n speurverhaal met ’n waarlik verrassende einde. Toe die kerkhorlosie een Saterdagnag sy twaalf slae oor Driedoring uitbeier, word daar ’n moord gepleeg op dié rustige dorpie.
Tweedehandse boek.
Sagteband.
Afrikaans.
21 CM.
604 Bladsye.
Goeie kondisie.
072 501 3890.
REF: 975.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.
Fiksie.
2y
1
R 30
SavedSave
Staan By My, Beminde - Annemarie. J. Pieterse.
Obie Lombard is privaatsekretaresse by die prokureursfirma Nederburg in Durban. Obie woon by haar ouma Riekie op Umhlanga Rocks.
Eendag op die strand tussen die rotse ontmoet Obie vir Vilo Vermeulen, senior vernoot van Vermeulen en Steyn van Kaapstad. Vilo haal vir Obie oor om sy eie sekretaresse te word en omdat Obie reeds n tydlank voel dat sy in n groef begin raak, neem sy Vilo se aanbod aan en verhuis na Kaapstad.
Spoedig egter na Obie se intrapslag by Vermeulen en Steyn, het alle ilusie wat sy gehad het oor haar verblyf in die skone Kaap, soos Tafelberg se mis voor die son verdwyn.
Tweedehande boek.
Hardeband boek.
Afrikaans.
Goeie kondisie.
247 Bladsye.
Boek was oorgetrek daar is merkies waar die cellotype was.
Naam in boek.
Die buiteband is nog mooi en die omslag.
072 501 3890.
REF: 184.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.Fiksie.
2y
4
R 50
SavedSave
My Toeareg - Rika Calitz-Bekker.
Ansue Malan probeer bepaal waar sy is. Haar kop voel asof daar iets binnein gebars het. Selfs haar ooglede voel swaar om oop te maak.
Hoekom voel ek so? Waar is ek? Waarin het ek my begewe? woel die vrae deur haar brein.
Met uiterste dwing sy haar oe oop en begin fokus. Meteens verstar haar hele liggaam! Sy is omhul deur sy-satyndraperings!
Tweedehandse boek.
Hardeband boek.
Afrikaans.
152 Bladsye.
Goeie kondisie.
072 501 3890.
REF: 043.
Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.Fiksie.
1y
Contact f/price
SavedSave
Die Kon-Tiki Ekspedisie - Thor Heyerdahl - HardebandGoeie tot baie goeie toestandEerste Afrikaanse Uitgawe 1953Vertaal deur Francois J Eybers333 bladsye8 hoofstukke9 bladsye wit en swart fotosWit en swart kaart begin en einde van boeksms of whatsapp 07 22 44 44 55 of epos deur Gumtree
7y
OtherSave this search and get notified
when new items are posted!
