Back to search ( Gauteng > Pretoria / Tshwane > Property for Sale & Rent > Find Short Term Property for Rent > ad 867421131 )
OORNAGVERBLYF IN CLUBVIEW CENTURION
Contact for Price












Reason for Reporting
ANNEX OVERNIGHT STAY is geleë op die hoek van Leydenlaan en Durhamweg net vanaf Lyttletonweg in Clubview Oos en is ongeveer 4km vanaf UNITAS Hospitaal en 2 km vanaf die Clubview/Lyttelton afrit op die N14(R28)-hoofweg (Ben Schoeman), 4.5km vanaf die GAUtrein stasie in Westlaan en 5km vanaf SuperSport Park tuiste van die Titans.
Die kamers is geleë in ‘n boomryke tuin met baie voëls. Daar is parkering binne erf vir die motors met toegangsbeheer. ‘n Braai met eetgerei is beskikbaar vir gebruik.
Die ruim en gerieflike enkelkamer, deelkamer en dubbelkamers het elk ‘n en-suite stort/wasbak/toilet, eie ingang uit die tuin, ketel vir koffie/tee, yskassie en TV. Maksimum van 2 kinders onder 10 jaar mag met albei ouers deel. Kampeerbed word vir kinders opgemaak.
DAAGLIKSE TARIEWE VIR BED ALLEEN
1 gas in enkelkamer R330 per nag
1 gas in dubbelkamer R350 per nag
2 gaste in ruim dubbelkamer : R600 per nag
2 gaste in deelkamer met 2*3/4 beddens : R600 per nag
Kind onder 10 jaar wat met albei ouers deel : R100 per nag
Verblyf is vooruitbetaalbaar en daar is nie kreditkaartfasiliteite.
Weeklikse en langtermyn tariewe op versoek. Sleutel deposito word vereis. Wasgoed en aandetes (Ma-Do) kan gereel word.
Daar is beskuit in al die kamers om met oggend koffie of tee te geniet. Daar is meer as 50 restaurante, wegneem-eetplekke, teetuine, koffiekroeë in ‘n 5km radius om ANNEX OVERNIGHT STAY om ontbyt, middagete en aanddete te nuttig. WIMPY en PANAROTI’S is slegs 2.5km van ons af in Lytteltonweg/Jeanlaan en SPUR is 500m vêrder in Jeanlaan. PEPPER CHAIR is 1km vanaf ANNEX.
CLUBVIEW CORNER winkelsentrum is ongeveer 500m vanaf ANNEX OVERNIGHT STAY se ingang en u sal daar ‘n PIZZA PERFECT, SPAR, BURGER BISTRO, INDIESE RESTAURANT en meer . ELDORAINGE CENTRE is so 1,5km aan met Lyttletonweg met vele gewilde eetplekke soos OCEAN BASKET, DEBONAIRS, STEERS, SUSHI BAR, en vele meer.
Kontak Andrew by 082-428-7410 vir besprekings.


