PRINCE ALBERT: ABRAHAMSKRAAL GASTEPLAAS

R 12,500,000

Can I afford this?
1 year ago792 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Report Ad
General Details
For Sale By:Agency
Description
Hierdie skaapplaas in die Karoo naby Prince Albert is in die afgelope 20 jaar ook ontwikkel tot 'n welvarende en bekende gasteplaas en bied tans ook 'n gewilde en goed ingerigte onthaal fasiliteit wat tot 200 gaste kan akkommodeer. Die venue is wel bekend as 'n troubestemming en is ten volle toegerus. Die onthaalarea bestaan uit 'n onderdak stoep en 'n binnehof wat met 'n tent toegemaak kan word. Die venue het 'n asemrowende uitsig oor die Karoolandskap.

Abrahamskraal is 10 km vanaf die N1 op die R353 gelee. Dit is 33 km vanaf Prince Albert en 18 km vanaf Leeu Gamka.

Gaste kan geakkommodeer word in die Kaaps Hollandse opstal of in die Plaas Kothuis.

Die hoofhuis bied 7 slaapkamers en 6 badkamers. Dit kan in 2 wooneenhede verdeel word, elk met sy eie privaat ingang, leefarea, toegeruste kombuis en braaigeriewe. Die huis is ten volle gemeubeleer met antieke meubels. Die terrein is boomryk wat die somer hitte demp en 'n rustige atmosfeer skep.

Die Plaas Kothuis is ten volle gemeubeleer en bied 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n toegeruste kombuis/leefarea en braaigeriewe op die stoep Dele van die oorspronlike kliphuis se mure is behou en dit skep 'n besondere atmosfeer. Die kothuis is ook ver genoeg van die hoofhuis gelee sodat dit heeltemal privaat is.

Beide huise het Eskomkrag, DSTV en selfoonontvangs.

Die boomryke kampterrein met 10 kampeerplekke is op gras en voorsien ablusie geriewe.

Die plaas se oppervlakte beslaan 2738 ha en is opgedeel in 3 kampe met 6 veesuipings en een stel hanterings krale. Die drakrag is 1 tot 42 GVE, Die veesuipings is toegerus met windpompe of solar pompe wat strategies versprei is oor die eiendom. Een van die sterk boorgate naby die huis is toegerus met 'n dompelpomp wat die huis en tuine van water voorsien en voldoende water lewer om plus minus 3 ha lusern te besproei. Daar is potensiaal om die landerye uit te brei.

Omdat die eienaar as BTW pligtige geregistreer is, kan die besigheid as 'n lopende saak aangebied word.

Ingesluit is die meubels en toerusting van die gastehuise asook alle meubels en toerusting van die onthaal fasiliteit.

150 Skaapooie asook hulle lammers en 3 ramme, alle plaasgereedskap, 'n Fiat 480 trekker met implimente, 'n 2011 Mazda BT50 bakkie en 6.5 KVA kragopwekker is ingesluit.

Property Reference #: CL427

Agent Details:
Jan Bothma
Agrisell PTY Ltd
9A Kerk Street
Piketberg
7320

Id Subtitle 1186995310
View More
Property Loan Calculator
Purchase price
R
Deposit amount
R
Interest rate
%
No. of years
5
10
15
20
25
30
RECALCULATE
Estimated monthly repaymentR 135,464
Total property loan amountR 12,500,000
Total interestR 20,011,212
Total repaymentR 32,511,212
Interest rate at 11.75% for 20 years *
* The interest rate is by default set to the prime lending rate. Banking institutions may choose to lend to individuals at a rate above or below this prime rate.
RECALCULATE
Agrisell PTY Ltd
Selling for 6+ years
Total Ads566
Active Ads566
Professional Seller
Seller stats
566Total Ads
3.63MTotal Views
Contact Agrisell PTY Ltd
082*******Show Number
Message
(4007)
Name
(Optional)
Email Address
(Optional)
Phone
(Required)
Send Message
By clicking "Send" you accept the Terms of Use and Privacy Notice and agree to receive newsletters and promo offers from us.