6050ha farm in Prieska

R 6,500,000

3 months ago467 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Sale By:Agency
Description
Die 6050 hektaar Bo-Karooplaas is 'n uitstekende skaapplaas met uitsonderlike bossieveld bedekking.

Die plaas is gelee 75km suidwes van Prieska soos die kraai vlieg.

Die natuurlike weiding het uitsonderlike bossieveld bestaande uit groot verskeidenheid vreetbare karoo-bossies, struike en gras, waaronder die ankerkaroo, vaalkaroo, koolganna, rooilootganna, kapokbos en kort- en langbeen boesmangras. Die amptelike drakrag wissel tussen 1:30 en 1:32 GVE/hektaar.

Die topografie is golwend met leegtes en bulte met gemiddelde reenval van ongeveer 200mm per jaar wat gedurende die laat somer en herfs voorkom.

Die droe klimaat is voordelig vir 'n gesonde en siektevrye kleinvee- of wildboerdery wat feitlik geen dosering en inentings vereis nie en dra by tot hoe kwaliteit vleisproduksie. Daar loop tans ongeveer 50 springbokke op die plaas.

Die plaas is opgedeel in 14 weikampe en elke kamp het toegang tot sy eie veesuiping. Sommige kampe het twee suipings. Die water vir die veesuipings word voorsien deur sewe windpompe en een sonpomp, volledig toegerus. Die skaapkrale is voldoende en doeltreffend vir skaapboerdery.

Die grootste gedeelte van die plaas, wat 4450 hektaar beloop, is volledig met jakkalsdraad omhein en ook geelektrifiseer wat uitstekend meehelp tot probleemdierbeheer. Die elektrifisering van die grensdrade voeg waarde toe en is feitlik onontbeerlik in n lamproduksiesteldel

Die plaas is 'n binne plaas met geen deurgang-roetes nie en veediefstal is ongekend. Dit, op sigself leen die plaas tot afstand bestuur en is in hierdie tye 'n waardevolle ekonomiese voordeel.

Die woonhuis bestaan uit drie slaapkamers, badkamers, leef-en-sit area en kombuis, maar kort baie aandag. By die opstal is twee klein store en buitekamers.

Die verkoper is 'n geregistreerde BTW ondernemer en kan die plaas as 'n lopende saak oorgeneem word, andersins sal BTW van 15% bykomend tot die verkoopprys van R6 500 000.00 betaalbaar wees.

Property Reference #: RL621

Agent Details:
Ralph Reilly
Simply Online
1st Floor Bloomingdales Office Park
145 Main Road
Walmer
Port Elizabeth
145 Main Road

Id Subtitle 872883834
View More
Simply Online
Selling for 1 yearActive Ads 464
Professional Seller
Seller Stats
464Total Ads
497.15KTotal Views
View Profile
Contact Simply Online
067*******Show Number
Message
(4024)
(Required)
Email Address
(Required)
Phone
(Required)
Send Message
By clicking "Send" you accept the Terms of Use and Privacy Notice and agree to receive newsletters and promo offers from us.