Uitsonderlike stuk grond te koop van 7000 ha

R 105,000,000

4 months ago458 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Sale By:Agency
Description
Die plaas beskik oor 7000 ha, daar is 'n weidingskamp van ongeveer 1800 ha groot en hier kom 12 weidingskampe voor wat van water voorsien is.
Die drade is in 'n redelike toestand. Geen aangeplante weiding kom voor nie.

Hier is 12 Boorgate wat toegerus is met 9 windpompe en 2 sonpompe sowel as 1 dompelpomp. By die Rietrivier is 'n servituut wat geregistreerde pyplyn water voorsien.
12 Damme, 12 gronddamme.

Die verbeteringe bestaan uit 'n 6 slaapkamer woonhuis met 4 badkamers, sitkamer, eetkamer, TV-kamer, kombuis met opwasarea , studeerkamer en 2 motorhuise.
Daar is ook 2 Toegeboude store en 3 werkerhuise wat voorkom.

Veehanteringsgeriewe vir beeste.

Daar is 2 Eskom punte
Reenval per jaar is ongeveer tussen 350 - 400 mm
Drakrag is 15 ha op 1 GVE.

Hier kom verskeie kameeldoringbome, swarthaak, haak en steekbossies, vaalbos en rosyntjiebosse voor.

Die wild is nie ingesluit by die koop, maar kan onderhandel word. Hier word tans met wild en bees geboer en die plaas beskik oor vlaktes, ranteveld met bossiegras en weidings ( 50 / 50)

Delverspermitte, nog nie gedelf nie. Besig met mynpermit wat gekoppel is aan die grond.

Prys sluit BTW uit.
Kontak my gerus vir enige navrae

# Parking: 2
Property Reference #: 1709273

Agent Details:
Gert van der Merwe
National Real Estate
162 Zastron Street
Bloemfontein

Id Subtitle 823709480
View More
National Real Estate
Selling for 4+ yearsActive Ads 864
Professional Seller
Seller Stats
864Total Ads
240.21KTotal Views
View Profile