Potbelly Beach House

R 1,000

10 months ago499 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):4
Smoking:No
Description
Potbelly Beach House is in Munster Beach naby Glenmore in KwaZulu-Natal. Die strand is 500 m van die huis af. Dit is een van die rustigste areas aan die Suidkus en daar is 'n lieflike strand met haainette vir branderplankryers en baie doendinge vir die hele gesin.

Let asb. daarop dat die huis nie omhein is nie en daar is geen motorhuise nie. Die huis beskik egter oor gewapende reaksie, en ’n alarm met laserstrale binne en buite.

Die dubbelverdieping huis het slaapplek vir 9 gaste. Die huis het 4 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is 3 dubbelbeddens, 3 enkelbeddens, 1 matras, 'n stort, bad en 2 toilette. Die kombuis is volledig toegerus met 'n vrieskas, yskas, ysmasjien, skottelgoedwasser, oond, eetgerei, breekware, potte en panne. Die leefkamer het 'n TV met DStv-koppelpunt en 'n DVD-speler. Gaste moet asseblief hulle eie slimkaart en dekodeerder saambring vir PVR HD-kanale en Catch-up.

Verder is daar 'n lekker grasperk waarop die kinders kan speel en die veranda het 'n braaiplek, tafel en stoele. Die see-uitsig is beperk en aangesien dit 'n dubbelverdiepinghuis is, is daar trappe.

Van die doendinge in die omgewing: swemstrand, casino en winkelsentrum (net 15 minute se ry), walviskyk, dolfynkyk, stap, visvang en 'n snorkel by die koraalrif.

Dit is jou verantwoordelikheid om die huis na te gaan vir enige foute of gebreekte vensters, lampies wat nie werk nie, ens. Dit moet binne 24-uur gerapporteer word.

Die plek kan daagliks skoongemaak word teen 'n addisionele fooi.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 18125

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485587458
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted