Hadeda Roost

R 1,950

10 months ago296 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):4
Smoking:No
Description
Hadeda Roost bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n dubbeverdiepingkothuis op ’n heuwel in Leisure Crest. Die kothuis is op ’n residensiële perseel waar die eienaars ook woon. Dis slegs 1,7 km vanaf Leisure Bay se strand en 600 m vanaf Glenmore Beach.

Dié knus kothuis se boonste verdieping het 2 slaapkamers met dubbelbeddens en ’n kleiner kamer met 2 enkelbeddens. Daar is 1 badkamer met ’n stort en toilet wat die 3 slaapkamers deel. Die hoofslaapkamer lei na ’n balkon met ’n uitsig oor die swembad en tuin wat goed onderhou word.

Die onderste verdieping het nog ’n slaapkamer met 2 enkelbeddens, ’n badkamer met ’n stort en toilet en ’n goed toegeruste kombuis met ’n oopplan-sitarea en -eetarea. Die eetarea het dubbeldeure wat na die swembad en oopplan-lapa lei. Gaste kan gedeeltelike see-uitsigte geniet. Daar is ook ’n ingeboude buitebraai en draagbare braaigeriewe.

Die perseel is omhein en alhoewel daar nie ’n motorhuis is nie, is daar ’n motorafdak met oorgenoeg parkeerplek vir 2 ekstra voertuie. Die huis het ’n alarmstelsel en laserstraalsekuriteit. Hadeda Roost is ideaal vir dié wat na ’n seevakansie smag.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 63683

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 487546124
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted