Caribbean Estate Deluxe

R 1,715

10 months ago775 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
Caribbean Estate Deluxe is 'n losstaande selfsorghuis in Caribbean Estate en is naby Wild Coast Sun, Umtamvunarivier en die strand geleë. Caribbean Estate is 'n landgoed met 'n tropiese ligging aan die Suidkus van KwaZulu-Natal en spog met verskeie geriewe.

Die huis het lugversorging, slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Dié kamer het ook 'n deur wat na die voorstoep met 2 buitestoele lei. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n tripelstapelbed. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale teen die muur. Daar is 2 motorafdakke en 'n draagbare braai.

Caribbean Estates se geriewe sluit 'n hoofswembad, 2 ekstra swembaddens, tennisbane en 'n klein speelarea vir kinders in. Gaste kan hulle bote saambring of van die jetski, bote en ander toerusting by Waterworld aan die anderkant van die rivier gebruik maak. Die ontvangskantoor is 24 uur per dag oop en 24 uur-sekuriteit word ook voorsien.

Caribbean Estates is 3 km noord van Port Edward en net 5 minute se ry vanaf Wild Coast Sun Hotel and Casino waar watersport, perdry en gholfpseel net 'n paar van die lekker doeninge is.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 56817

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485542884
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted