Al-te-Lekker Eiendomme BK
R 1,000
9 months ago259 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):4
Smoking:No
Description
Al-te-Lekker Eiendomme BK is 'n ruim selfsorghuis in Glenmore aan die suidkus van KwaZulu-Natal. Die huis is 300 m vanaf die kus geleë en ook naby 3 heerlike strande.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers waarvan 2 en suite is. Elkeen van die slaapkamers is met dubbelbeddens ingerig. Daar is 1 slaapkamer met 3 ekstra enkelbeddens wat in die huis rondgeskuif kan word. Albei en suite-badkamers beskik oor storte. Die eerste badkamer wat gedeel word het 'n stort en die tweede een 'n bad.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond en 'n diepvrieskas. In die sitkamer is daar gemaklike rusbanke en 'n TV.

Die leefarea bied toegang tot 'n groot onderdakstoep met 'n buite-eetstel, oorgenoeg sitplek en 'n ingeboude braai. Die omheinde tuin is ideaal vir troeteldiere en gaste kan van hier af see-uitsigte in die verte geniet.

Die huis is veilig met hoë mure, elektriese heinings en 'n afstandbeheerde hek.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 35361

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485587453
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1396 adsActive
1396 adsPosted