Villa Florence - Strelitzia House, Self-Catering Accommodation

R 3,500

10 months ago380 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):4
Smoking:No
Description
Villa Florence - Strelitzia House, Wedding and Celebration Venue, is in die dorp Bazley in KwaZulu-Natal, geleë. Dit is slegs 500 m van die pragtige en afgeslote Ndesingaan-strand af. Die kothuis bied privaat toegang tot dié strand, wat deur sekuriteitswagte beman word vir jou gemoedsrus, sodat jy sonder enige sorge in die see kan swem.

Verblyf word gebied in 'n selfsorghuis, vir 'n maksimum van 14 volwassenes en 2 kinders jonger as 12. Die huis het 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis met 'n eetarea, 'n eetkamer, 'n sitkamer en 'n ingeboude kroeg. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n koninggrootte-bed en 'n dubbelslaapbank. Die vierde slaapkamer beskik oor 4 stapelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die derde badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg, met 'n stoof en oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wasmasjien en skottelgoedwasser. Daar is 'n ekstra yskas, 'n diepvrieskas en 'n etenstafel met 8 stoele in die eetkamer. Die leefkamer het ingeboude kroegstoeltjies en skuifdeure wat oopmaak op 'n beskutte stoep met buitemeubels. Die stoep lei na 'n swembad en braai-area. Parkeerplek vir 2 voertuie is in die motorhuis beskikbaar. Die perseel is troeteldiervriendelik, so bring gerus jou wollerige familielede saam.

Die perseel is ideaal vir intieme troues in die tuin, kinderpartytjies of familiefeesvieringe. Die bekoorlike tuin is die ideale plek vir 'n springkasteel, kiosks en allerhande speelgoed en toerusting om jou kind die héél beste speelgrond-ervaring te gee. Dit is ook die ideale venue vir 'n onvergeetlike huweliksviering.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 33722

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485740301
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted