La Vista Luxury Unit

R 1,200

a year ago640 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
La Vista Luxury Unit is ’n luukse selfsorgvakansiehuis in die veilige La Vista-kompleks in Mtwalume aan die suidkus van KwaZulu-Natal. Mtwalume is 90 km van Durban af, 30 km van Scottsburgh af en 10 km van Hibberdene af. Die La Vista-kompleks is omhein met elektriese heinings en het ’n 24 uur-sekuriteitswagdiens. Daar is 2 gemeenskaplike swembaddens, ’n tennisbaan en ’n trampolien in die kompleks.

Dié pragtige eenheid bied slaapplek aan 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n volle en suite-badkamer. Dié slaapkamer kyk uit oor die see. In die tweede slaapkamer is daar ’n koningingrootte-bed en die slaapkamer kyk ook uit oor die see. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het ’n stort, wasbak en toilet.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het ’n wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolfoond en ’n dubbeldeur-vrieskas-yskas met ’n ysmasjien vir die warm somerdae. Die leefarea het ’n groot platskerm-TV, ’n video-, DVD- en Blu-ray-speler, ’n mediaspeler en ’n DStv-koppelpunt en gaste kan hul eie dekodeerder en slimkaart saambring. Die eenheid het privaat toegang tot ’n plonspoel.

Die beste aspek van die vakansiehuis is waarskynlik die pragtige uitsig oor die see en die kompleks self. Die kompleks is op ’n heuwel geleë met ’n uitsig oor die oewer van die Mtwalume-rivier. ’n Strandmeer vorm waar die rivier in die Indiese Oseaan vloei. Die eenheid is reg aan die voorkant van die kompleks, met geen eenhede om die uitsig te belemmer nie. Gaste kan die uitsig vanaf die groot houtdek rondom die huis geniet of op die strand stap.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 59823

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485485738
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1392 adsActive
1392 adsPosted