Beechwood Cottage

R 1,500

10 months ago382 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
Beechwood Cottage, is in Oribi Gorge op die KZN Suidkus geleë en is 'n pragtige tuinkothuis op 'n werkende suikerrietplaas. Dit is 'n moderne, goed toegeruste kothuis in 'n rustige, skaduryke omgewing. Veilig, privaat en ten volle toegerus vir 4 tot 6 gaste.

Die verblyf beskik oor 'n koningingrootte-bed in die hoofslaapkamer, twee enkelbeddens in die tweede slaapkamer en 2 slaapbanke in die sitkamer vir kinders onder 12 jaar. Elke slaapkamer het sy eie badkamer. Die leefarea het 'n TV met DStv en gaste word versoek om asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saam te bring. Die kombuis is toegerus met 'n broodrooster, ketel, mikrogolfoond, yskas, stoof en 'n wasmasjien.

Die onderdakpatio het 'n informele eet- en leef-area. 'n Wonderlike plek om na te ontsnap en te ontspan.

Oribi Gorge area het baie om te bied. Beechwood Kothuis is binne 1 km vanaf die Oribi Gorge Hotel, wat veral bekend is vir sy uitsigte en bied heerlike etes. Daar is ook die Wilde Vyf vir die avonturier met die beroemde Gorge Swaai as een van sy gewilde aktiwiteite. Lake Eland wildreservaat is waar jy 'n groot verskeidenheid vlaktewild kan gewaar en die langste Zipline in Afrika kan ervaar, net slegs 15 km ver. Gaste van Beechwood Cottage het toegang tot die groot privaat plaasdam waar hulle vir bass en baber mag hengel.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 7043

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485733585
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted