Villa Del Peche 18

R 2,253

6 months ago361 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
Villa Del Peche 18 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde drieslaapkamerwoonstel in 'n veilige kompleks in Ramsgate. Die kompleks is net 90 m van die strand af.

Die grondverdiepingwoonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer in die hoofslaapkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser toegerus. Die sitarea het sitplek vir 6 gaste en sluit 'n TV met 'n DStv-dekodeerder in wat by die eienaar teen ekstra koste gehuur kan word. Gaste is welkom om hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring. Dit sluit nie DStv Explora-dekodeerders in nie. Die etenstafel het sitplek vir 6 gaste.

Die sitarea lei na 'n stoep met ingeboude braaigeriewe en buitemeubels met sitplek vir 6. Buite is daar 'n lekker grasperk waar die kinders kan speel en 'n paar trappies lei na die strand wat maklik via 'n paadjie bereik kan word.

Gaste is welkom om van die gemeenskaplike swembad en die klubhuis met 'n veerpyltjiebord gebruik te maak. Daar is ook 'n wassery in die kompleks en gaste het toegang tot 'n motorhuis. Veilige parkeerplek is ook vir 'n ekstra voertuig beskikbaar. 'n Nagwag patrolleer die kompleks vir veiligheid. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie strand- en badhanddoeke saambring. Klein troeteldiere word toegelaat indien die eienaar dit toelaat.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 67135

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 571420426
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted