Villa Albatross 2

R 950

a year ago331 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
Villa Albatross 2 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde drieslaapkamerhuis wat op die grondvloer van 'n strandfrontkompleks in Shelly Beach geleë is. Die huis het slaapplek vir 4 volwasennes en 4 kinders.

Die villa het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens wat ideaal is vir kinders. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die tweede badkamer het 'n stort en 'n bad. Linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet net hul eie strandhanddoeke saambring.

Die eenheid het 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en 'n tuimeldroër vir gaste se gerief. Sekere DStv-kanale is beskikbaar op versoek en daar is oorgenoeg veilige parkeerplek. Die onderdak-patio buite die eenheid bied 'n braai-area.

Gaste by Villa Albatross 2 geniet privaat toegang tot Shelly Beach en kan na die Shelly-sentrum stap - dit is net 450 m van die kompleks af. Shelly-sentrum het 'n verskeidenheid winkels, restaurante en 'n fliek. Die gewilde St Michael's en Uvongo-swemstrande is net 5 tot 10 minute van die kompleks af.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 53023

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485566705
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1392 adsActive
1392 adsPosted