Trevi C

R 1,277

10 months ago448 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
Trevi C is 'n selfsorgwoonstel in Shelly Beach, 'n klein dorpie halfpad tussen Margate en Port Shepstone aan die Hibiscuskus van KwaZulu-Natal. Shelley Beach is vernoem na die duisende pragtige skulpe wat na hooggety op die strand uitspoel en bied goue strande, vriendelike plaaslike inwoners, eindelose watersportgeleenthede en fantastiese duikbestemmings.

Dié woonstel is op die eerste verdieping geleë en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort en 'n bad. Daar is plafonwaaiers in elke slaapkamer en in die sitkamer.

Die woonstel beskik oor 'n kombuis, sitkamer en 'n eetarea. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër is beskikbaar. Die eetarea het sitplek vir 6 en in die sitkamer is daar 'n gemaklike rusbank en 'n TV met volledige DStv-kanale.

Die woonstel spog met 'n stoep met 'n buite-etenstafel vir 6 gaste, 'n gasbraai en 'n see-uitsig. Die kompleks bied 'n dubbelmotorhuis vir 2 motors. Ekstra gaste-parkeerplek is op 'n eerste-gesien-eerste-bedien-basis beskikbaar.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 54667

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485581491
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted