Topanga 58

R 600

a year ago336 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
Topanga 58 is in die hartjie van Uvongo geleë en is net 'n kort entjie se stap van die strand en dorpie af. Geniet ’n Suidkusvakansie in ’n sjiek, moderne eenheid met see-uitsig en moderne geriewe. Topanga in Uvongo is in ’n oop hoefystervorm om ’n glinsterende swembad gebou en is perfek geleë vir ’n fantastiese strandvakansie.

Die eenheid bied slaapplek aan 4 gaste in 2 gerieflike en suite-slaapkamers. Albei kamers het elk 'n dubblebed, een het 'n bad, toilet en wasbak en die hoofslaapkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Dis net 200 m van die strand af, waar jy 'n lui middag in die son kan ontspan terwyl die kinders in beskutte rotspoele rondspeel en krappe vang. Gaste kan langs die lieflike swembad ontspan, by die gemeenskaplike braai-area braai of ’n romantiese piekniek op die strand gaan hou, wat net vyf minute se stap van die oord is.

Geniet die luuksheid en stylvolle afwerking van die moderne eenheid met ’n kombuis wat volledig toegerus is. Ontspan op die balkon, kyk uit oor die see en geniet die vars lug.

Die woonstel is stapafstand van 'n supermark, wassery, restaurante en ander winkels af. Dit is ook ryafstand van verskillende gholfklubs af, soos Margate Gholfklub is 4 km weg, Sanlameer Gholfklub is 18 km weg en Wild Coast Sun Oord & Gholfklub is 37 km weg. Die gewilde Waffle House is minder as 10 km vanaf die woonstel.


Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 41423

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485604425
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1392 adsActive
1392 adsPosted