Strandloper 4

R 1,030

10 months ago323 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
Strandloper 4 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks teen die Uvongo-strand. Die kompleks se hek bied direkte toegang na die strand promenade met 'n swembad en 'n getypoel, restaurante, wegneemetes en roomyswinkel, die gewilde Uvongo-strand met haainette en lewensredders, wat beskut is deur 'n kloof met pragtige kranse, 'n 25 m-waterval, strandmeer met trapbootjies en 'n nuwe, opgeknapte visvang-pier.

Die woonstel bied verblyf aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer het skuifdeure en lei na 'n patio. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die laasgenoemde slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die eenheid het plafonwaaiers. Linne word vir alle beddens voorsien, maar gaste moet hulle eie swem- en badhanddoeke saambring.

Die kombuis het granietblaaie en is toegerus 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die leefarea het 'n sitkamerstel van riet en 'n platskerm-TV.

Die leefarea lei na 'n groot onderdakbalkon met Al fresco-sitplek en 'n ketelbraai. Die balkon het 'n uitstekende uitsig en die kinders kan dopgehou word terwyl hulle swem, of die mans wat visvang of dolfyne wat in die golwe speel.

Die kompleks is veilig met 'n elektriese heining, afstandbeheerde hekke en 'n hek met 'n kode na die strand. Daar is 'n groot, oop parkeerplek met genoeg spasie vir karre en sleepwaens. Daaglikse skoonmaakdienste is op versoek beskikbaar en onderhewig aan beskikbaarheid, teen 'n addisionele koste.

Die stil dorpie aan die agterste kant van die kompleks het 'n verskeidenheid winkels, eetplekke en kroeë en is naby Margate en Shelly Beach.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 58330

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485483385
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted