Seascape Lodge 38 Uvongo

R 306

a year ago411 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):1
Smoking:No
Description
Seascape Lodge 38 Uvongo bied gerieflike selfsorgverblyf op die eerste vloer van 'n veilige kompleks in Uvongo, net 800 m van Uvongo se hoofstrand af en 7 minute van Shelly Beach af.

Hierdie selfsorgwoonstel het genoeg slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 'n hoofslaapkamer, 'n badkamer en 'n oopplan-leefarea, -eetarea en kombuisarea. Die hoofslaapkamer bevat 'n dubbelbed, die badkamer beskik oor 'n stort-oor-bad, die oopplan-leefarea bevat 'n enkelbed en 'n stapelbed en die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n oond en stoof, 'n mikrogolf, 'n ketel, eetgerei en breekware. Die woonstel het toegang tot ondergrondse parkeerplek en gaste kan ook gebruik maak van die gemeenskaplike swembad en braaigeriewe.

Beddegoed word voorsien, maar gaste moet hul eie komberse saambring. DStv-toegang is beskikbaar, maar gaste moet hul eie dekodeerder/Explora en slimkaart saambring. Slegs die skottel word voorsien. Gaste moet ook skoonmaakmiddels en afdrooglappe saambring.

Let asseblief daarop dat geen diere of troeteldiere van enige aard toegelaat word nie.

Seascape Lodge is naby 'n Spar-kruidenierswinkel en 'n seekosrestaurant geleë. Uvongo is 'n ontspanne vakansiedorpie aan die Hibiscuskus van KwaZulu-Natal. Hier kan jy luilekker dae op die strand deurbring, reservate besoek, by restaurante gaan eet, in winkels gaan rondsnuffel en 'n potjie gholf speel. Nabygeleë besienswaardighede en doendinge sluit die sardientjieloop tussen Mei en Julie, Uvongo Natuurreservaat, Oribi Gorge Natuurreservaat, Riverbend Krokodilplaas, Skyline Natuurreservaat en die strande aan die Suidkus in.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 19703

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485633851
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1392 adsActive
1392 adsPosted