Rock-A-Way 9

R 510

7 months ago149 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
Rock-A-Way 9 is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstel vir 5 in Lawrence Rocks.

Die woonstel het 2 slaapkamers met lugversorging en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n TV met DStv PVR. Die tweede kamer het 'n enkelbed en 'n stapelbed. Linne en handdoeke word voorsien en gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolfoond, dubbelyskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en 'n watersuiweraar. Die leefarea het lugversorging en 'n TV met DStv PVR en dit bied toegang tot 'n balkon met 'n gasbraai en 'n eetarea. Gemeenskaplike braaigeriewe is ook in die kompleks beskikbaar.

Rook is verbode in die eenheid en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. 'n Toesluitmotorhuis is beskikbaar en daar is 'n daaglikse skoonmaakdiens teen 'n ekstra koste.

Rock-A-Way 9 is sowat 300 m vanaf die naaste strande en 500 m vanaf Margate se hoofswemstrand. Die area bied 'n verskeidenheid doendinge soos branderplankry, swem, bergfietsry en verskeie besienswaardighede en restaurante.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 51415

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485635183
View More
Website: https://www.lekkeslaap.co.za?ppc=GT_version1
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1414 adsActive
1414 adsPosted
Website: https://www.lekkeslaap.co.za?ppc=GT_version1