Ramsgate Palms Unit i

R 775

10 months ago303 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
Die Ramsgate Palms-kompleks is teen die koppie geleë met 'n uitsig oor Ramsgate se hoofstrand en dis die ideale plek vir 'n gesinsvakansie omdat lewensredders regdeur die jaar aan diens is.

Dié eenheid is op die boonste verdieping geleë en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die kamers beskik oor dubbelbeddens en plafonwaaiers. Een van die badkamers het 'n bad en die ander een 'n stort. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas met 'n vrieshokkie, stoof en oond en 'n ketel in. Die sitkamer het 'n TV en gaste kan hul eie dekodeerder en slimkaart vir DStv saambring. Daar is ook 'n Weber-braai beskikbaar.

Gaste het ook toegang tot die swembad wat in 'n beskutte deel van die luisterryke, tropiese tuin geleë is. Die tuin omsoom die kompleks. Daar is ook 24 uur-sekuriteit vir ekstra gemoedsrus. Let asb. dat daar slegs 1 toegewese parkeerplek per eenheid is.

Die woonstel is stapafstand van die strand af, waar lewensredders regdeur die jaar aan diens is. Verskeie restaurante, 'n kunsvlytmarkie en die bekende Waffle House is ook stapafstand vanaf dié kompleks.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 28121

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485648294
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted