Mystique 12

R 1,200

7 months ago343 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
Mystique 12 bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n smaakvolle drieslaapkamerwoonstel in Mystique, ’n strandfrontkompleks in Shelly Beach. Die woonstel bied gedeeltelike see-uitsigte vanuit die hoofslaapkamer en sitarea. Gaste kan die subtropiese aande geniet op die privaat balkon wat na die sitarea en hoofslaapkamer lei. Dis die ideale plek om te braai en gasbraaigeriewe word voorsien. Daar is 'n heerlike koel seebries en plafonwaaiers in die sitarea en alle slaapkamers.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het en tweede kamer het 'n dubbelbed, en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met ’n bad en handstort en daar is 'n tweede badkamer met 'n stort. Bedlinne en badhanddoeke word voorsien, en gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die woonstel het 'n TV in die sitarea en hoofslaapkamer. Die TV in die sitarea het volledige DStv en die een in die kamer het DStv (extra view). Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof en suigwaaier, mikrogolf, eetgerei, breekware, kookgerei en skottelgoedwasser. Daar is ook 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die woonstel se badkamers, vloere en braai-area word daagliks skoongemaak. Indien gaste 'n volledige skoonmaakdiens wil hê, kan dit by die kantoor gereël word.

Mystique bied 'n gemeenskaplike swembad en direkte toegang tot die strand. 'n Toegewese oop parkeerplek en onderdakparkeerplek is beskikbaar. Die oord is veilig en het afstandbeheerde toegang en 24 uur-sekuriteit. Daar is cinemas, restaurante, winkelsentrums en die plek waar die skibote te water gelaat word, is naby die kompleks. Shelly Centre is 950 m van die verblyf af en South Coast Mall is 1,6 km ver.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 66341

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 547248698
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted