Montague Gardens

R 520

4 months ago224 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):1
Smoking:No
Description
Montague Gardens is ’n selfsorg-eenheid op die eienaar se perseel naby die strand in Ramsgate. Dié kusdorpie is die ideale bestemming vir diegene wat net by die see wil ontspan.

Die eenheid het 'n groot leefarea-slaapkamer met slaapplek vir 3 tot 4 gaste. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank, kas met 3 deure, 'n etenstafel met sitplek vir 4, 'n TV-kabinet met 'n 32" platskerm-TV en 'n DStv-koppelpunt. Gaste kan hul eie dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saambring.

Gaste moet hul eie strandhanddoeke, toiletware, toiletpapier, houtskool en kos saambring.

Die moderne badkamer het ’n stort, wasbak en toilet.

Die kombuis is toegerus met ’n tweeplaatstoof with an oven, yskassie, mikrogolf, broodrooster, ketel, kookgerei, eetgerei en breekware. Die kombuis het ’n aparte ingang wat na die oopplan-leefarea en stoep met ’n privaat, omheinde tuin lei. Daar is ook braaigeriewe, ’n tuintafel met 4 stoele en ’n sambreel.

'n X-BOX 360 is beskikbaar en gaste kan speletjies en DVD's by die gasheer leen.

Skoon linne word elke vyfde dag voorsien.

Onderdakparkeerplek is beskikbaar agter 'n muur en elektriese hek.

Daar is ’n 5000L-tenk om noodwater te voorsien. Gaste word aangemoedig om water asb. spaarsaamig te gebruik, aangesien daar waterbeperkings is.

Daar is 2 vriendelike honde op die perseel, waarvan 1 groot en die ander klein is. Die honde woon in die agtertuin met ’n swembad wat gaste kan gebruik as hulle dit met die eienaar reël. Die honde sal dan in die voortuin bly terwyl gaste die swembad gebruik. Gaste mag nie ná 18:00 swem nie.

Die woonstel is in ’n stil buurt met ’n tuin wat ’n muur, heining en afstandbeheerhek het. Dis naby Ramsgate-winkelsentrum met verskeie winkels en ander geriewe. Dis naby die strand, strandmeer en Ramsgate se Blouvlagstrand met ’n getypoel.

Ramsgate bied verskeie doendinge en besienswaardighede soos die Wild Coast Sun Casino, Oribi Gorge Natuurreservaat, swem, visvang, duik, bootvaarte, branderplankry en gholf. Daar is verskeie restaurante en kroeë in die area, soos die Waffle House, Blue Lagoon, Moondeck, Lobster Pot, Crayfish Inn, Popeye`s Pub & Grub met lewendige musiekvermaak, Chefs on Marine, Flavours en die Ramsgate Skibootklub.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 71176

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 641370764
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1392 adsActive
1392 adsPosted