Mimi's Retreat
R 990
9 months ago363 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
Mimi's Retreat is in 'n gerieflike vakansiehuis in die kusoord, Ramsgate geleë, aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Die huis is toegerus vir gerieflike selfsorgverblyf. Dit is 240 m vanaf die strand, winkels, restaurante en die Blouvlag Ramsgate-strand. Alles is binne 'n 1,5 km-radius vanaf die huis. Daar is nog pragtige Blouvlagstrande in die omliggende area.

Dié huis beskik oor 2 slaapkamers, 'n ruim oopplan-leefarea en -eetarea en 'n kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed met ekstra lengte en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens met ekstra lengte. Linne, handdoeke en toiletware soos seep, sjampoe en room word voorsien. Ekstra linne of handdoeke is beskikbaar aan gaste, mits vooraf reëlings getref is met die gasheer. Die badkamer het 'n bad, stort, en 'n toilet.

Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler, 'n radio met 'n gleuf vir 'n geheuestokkie en 'n CD-speler. WiFi is beskikbaar. Die kombuis is ten volle toegerus en het 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Daar is verskeie kombuistoebehore en 'n spens.

Buite is daar 'n wasgoedlyn en 'n buitestort wat gaste kan benut. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Daar is twee braai-areas, een wat beskut is en 'n Weber het en 'n ander braai wat ingebou is op die patio en uitkyk oor die see.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 48907

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485652522
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1396 adsActive
1396 adsPosted