Marina 5

R 1,750

6 months ago129 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):4
Smoking:No
Description
Marina 5 bied verblyf in 'n seefront-sekuriteitskompleks net 200 m vanaf Manaba se hoofswemstrand.

Dié woonstel is op die tweede verdieping, het slaapplek vir 9 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde en vierde slaapkamers is skakelkamers wat elk 2 enkelbeddens het. Die vierde slaapkamer het ook 'n driekwartbed. Albei badkamers het storte.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus en daar is 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitarea het 'n rusbankstel en 'n platskerm-TV met DStv-Premium-kanale.

Die leefarea bied toegang tot 'n toe balkon met buitemeubels en braaigeriewe. Die balkon het 'n uitsig oor die see waar dolfyne en walvisse in seisoentyd gewaar kan word. Gas- en draagbare braais is beskikbaar.

Die Marina-kompleks is veilig en het afstandbeheer-toegang en sekuriteitsdeure by die hoofingange en die eenhede. Daar is 2 onderdakparkeerplekke en 1 motorhuis wat met 'n afstandbeheer oopmaak.

Available From: 07/04/2020
Furnished
Property Reference #: 71680

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 718247780
View More
www.LekkeSlaap.co.za
Selling for 1 yearActive Ads 1.41K
Professional Seller
Seller Stats
1.41KTotal Ads
612.46KTotal Views
View Profile