Laguna La Crete 87

R 1,220

4 months ago109 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
Laguna La Crete is 'n gewilde kompleks wat uitkyk oor die pragtige Uvongo-strand en -strandmeer met sy asemrowende kloof en waterval. Dit bied uitstekende sekuriteit met toegangsbeheer en sekuriteitswagte, asook 'n swembad en direkte toegang tot die strand.

Die eenheid is op die grondvloer en is smaakvol gemeubileer met slaapplek vir 7 gaste in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n plafonwaaier en 'n deur wat na die veranda lei vanwaar gaste die pragtige uitsigte kan geniet. Die en suite-badkamer het 'n bad, toilet en wasbak. Daar is 'n dubbelbed en enkelstapelbed in die tweede slaapkamer. Die derde slaapkamer bevat 1 dubbelbed en 'n plafonwaaier. Daar is 'n bad en stort in die tweede badkamer.

Die oopplan-kombuis is modern en volledig toegerus en daar is 'n gerieflike leefarea met 'n TV (bring eie DStv-dekodeerder en slimkaart) en 'n gemaklike sitkamerstel. Skuifdeure lei na die veranda waar daar 'n buitetafel en stoele is, 'n gasbraai en lieflike see-uitsigte.

Daar is onderdakparkeerplek vir 1 voertuig en parkeerplek vir sleepwaens is beskikbaar. Linne word voorsien, maar bring asb. eie strand- en badhanddoeke. Die eenheid word nie skoongemaak nie, tensy anders gereël.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 22652

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 621081460
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted