Laguna La Crete 44

R 968

10 months ago231 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
Laguna La Crete 44 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Beacon Rocks, Uvongo. Die kompleks is naby Uvongo se swemstrand en ander besienswaardighede in die omgewing.

Let wel dat geen partytjies, geraas, harde musiek of ekstra gaste toegelaat word nie.

Die woonstel op die eerste verdieping bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, kisvrieskas en 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer langsaan het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder, -kabels en -slimkaart saambring. Explora-dekodeerders werk nie hier nie.

Die leefarea maak op 'n stoep met gasbraaigeriewe oop. Die kompleks het ook 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, 'n klubhuis, tennisbaan en veilige onderdakparkeerplek.

Die kompleks is 6 km vanaf die Hibiscus Mall, Margate se hoofstrand, Shelly Centre en restaurante en naby ander geriewe aan die Suidkus.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 57344

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485529531
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted