Chesapeake Bay 59

R 847

4 months ago182 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
Chesapeake Bay 59 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Margate. Die woonstel bied 'n asemrowende see-uitsig vanaf die balkon en die kompleks is oorkant die strand en die getypoel.

Let asb. dat die beheerliggaam nie partytjies, geraas, harde musiek of oorbesetting toelaat nie.

Die woonstel is op die derde verdieping en het slaapplek vir 7 gaste. Dit beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort. Dit bied ook toegang tot die balkon. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n tripelstapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Hierdie twee kamers deel die tweede badkamer wat 'n stort en 'n bad het.

Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof en 'n skottelgoedwasser. Die oopplan-leefarea het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt so gaste kan hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Explora-dekodeerders werk egter nie. Die leefarea bied toegang tot 'n balkon.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, 'n braai-area, tennisbaan, onderdakparkeerplek vir gaste se voertuie en die kompleks is naby Margate se noordelike strand, restaurante en ander geriewe in die omtrek.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 70141

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 623686862
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted