Calamari 10
R 950
9 months ago292 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
Calamari 10 is 'n vakansiewoonstel teen die strand in Ramsgate. Dit bied ongelooflike uitsigte oor die branders en die see. Dit is net 30 m van die veranda na die strand.

Die woonstel het 2 verdiepings en bied slaapplek vir 6 gaste. Daar is 2 slaapkamers bo, elkeen met 'n koningingrootte-bed. Op die onderste vloer is daar nog 'n slaaparea met 'n enkelbeden invou-enkelbed langs die sitarea. Die kamers en die sitarea het elkeen lieflike see-uitsigte en plafonwaaiers. Die woonstel beskik oor 2 badkamers en 'n gaste-toilet. Die een badkamer is en suite en het 'n bad en die ander badkamer het 'n stort.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer het 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. Gaste hoef nie hul dekodeerders saam te bring nie. Skuifdeure lei van die sitkamer na die veranda met braaigeriewe. Daar is ook 'n groot grasperk waarop kinders kan speel.

'n Enkelmotorhuis word voorsien en die eenheid beskik oor 'n alarmstelsel en 'n kluisie vir jou waardevolle besittings.

Die woonstel word nie skoongemaak nie, maar dit kan gereël word teen 'n addisionele fooi. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke bring. 'n Wasmasjien is beskikbaar.

Die woonstel is stapafstand vanaf Ramsgate en Margate se Blouvlagstrande waar geswem kan word, asook vanaf die Waffle House en Blue Lagoon Restaurant. La Capannina en Just So Chinese-restaurante is slegs 200 m weg.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 25751

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485652599
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted