14 Lemnos

R 620

10 months ago254 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
14 Lemnos is in Marienerylaan in Margate geleë en bied pragtige see-uitsigte van die tweede verdieping af. Dis ook stapafstand van die strand af.

Die tweeslaapkamer-eenheid is gerieflik ingerig vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer front na die see en het 'n dubbelbed, en suite-badkamer met 'n stort en skuifdeure wat op 'n balkon oopmaak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n gemaklike uittrekslaapbank in die sitkamer. Die tweede badkamer het 'n bad.

Die oopplan-leefarea het 'n groot kombuis met 'n etenstafel en 'n sitkamer wat deur skuifdeure na die balkon lei. Die kombuis is volledig toegerus en daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler.

Die groot onderdakbalkon het gemaklike stoele en stoepstel waarop gaste kan ontspan wanneer hulle braai of walviskyk.

Die eenheid het 'n aangewese toesluitmotorhuis en daar is 'n gasteparkeerplek en parkeerplek vir 'n waentjie in die kompleks. Die kompleks het afstandbeheerde hekke. Die eenheid word met diefwering en hekke beveilig en daar is 'n kluis vir waardevolle items. Linne word voorsien en gaste moet hul eie handdoeke saambring. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar.

Die kompleks is 200 m vanaf die see en privaat strande en 700 m vanaf Margate se hoofswemstrand en dorp. Dis ook naby die besige dorp met verskeie restaurante, wegneemeetplekke, kroeë, nagklubs en seisoenale straat- en strandvermaak.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 51546

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485583747
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted