119 Laguna La Crete

R 595

a year ago394 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
119 Laguna La Crete is 'n selfsorg-eenheid in die hartjie van Uvongo aan die Suidkus. Dié pragtige eenheid het 'n balkon met 'n uitsig oor die oseaan en strand waar gaste kan dolfyn- en walviskyk, asook bote dophou.

Die eenheid het 2 slaapkamers, 2 badkamers, is volledig gemeubileer en geskik vir selfsorg. Die slaapkamers het linne, 'n spieëltafel, skuifvensters en 'n kluis. Elke kamer het ook 'n plafonwaaier. Die eerste badkamer het 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort. Daar is 'n ruim oopplan-kombuis met al die elektriese kombuistoebehore. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n TV met DStv Family, 'n plafonwaaier en lugversorging. Daar is groot skuifdeure wat lei na die balkon met 'n gasbraai en pragtige uitsigte.

Uvongo se strand, strandmeer en waterval is stapafstand van die eenheid af en die kompleks bied privaat toegang tot die strand. Die kompleks bied ook 'n gemeenskaplike swembad, tennisbane met maklike toegang, gemeenskaplike braai-areas, 'n kinderswembadjie en 'n selfsorg-wassery. Die kompleks het 24 uur-sekuriteit en elke eenheid het 'n veilige parkeerplek vir 'n voertuig en sleepwaentjie.

Laguna La Crete is 3,5 km vanaf Shelly Centre Mall en 3,7 km van Margate se strand af. Daar is verskeie winkels en restaurante teen die strand. Die woonstel is ideaal geleë naby winkelsentrums, restaurante en die waterpark by die casino wat net 25 km hiervandaan is. Ander doendinge in die omgewing sluit zipline, brugswaai by Elandmeer en Oribi Gorge in. 119 Laguna La Crete is geaffilieer met 62 Topanga.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 16062

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485633852
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1392 adsActive
1392 adsPosted