Villa Siesta Flat No 1
R 1,000
9 months ago228 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
Villa Siesta Flat No 1 is deel van 'n klein, veilige siersteengebou met 8 eenhede oorkant die strand.

Dié eenheid het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer, 2 kleiner slaapkamers met 2 enkelbeddens elk, 'n tweede badkamer en slaapplek vir 6 gaste. Al 3 kamers het 'n lieflike see-uitsig. Die onderste verdieping het 'n gastetoilet, oopplan-sitarea, -eetarea en -kombuis wat volledig toegerus is. Daar is 'n TV met DStv en die sit- en eetarea lei na 'n stoep met braaigeriewe. 'n Weber is ook beskikbaar.

Ons voorsien linne en badhanddoeke, maar gaste moet asseblief hul eie strandhanddoeke saambring. Die eenheid word daagliks skoongemaak en dit sluit beddens opmaak, vloere vee, badkamers skoonmaak en die braai skoonmaak in.

Die kompleks is ommuur en het outomatiese hekke. Daar is 'n toesluitmotorhuis en 'n parkeerplek beskikbaar.

Die kompleks het 'n uitstekende ligging wat asemrowende see-uitsigte bied. Die strand is letterlik net oorkant die pad. Daar is geen geboue voor die woonstel wat die uitsig belemmer nie. Margate se hoof-blouvlagstrand is net 'n kort entjie se stap van ons af, die Margate-pier is 4 minute se stap ver en reg voor die kompleks is van die beste visvangplekke wat jy in Margate sal vind.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 275

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485739611
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted