The Sea Cottage

R 900

a year ago399 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
The Sea Cottage is wat die naam sê - die strand is reg op jou drumpel. Dié selfsorgkothuis is in 'n groot welige tuin, wat ook die tuiste van verskeie voëlsoorte en 'n paar duikertjies is.

The Sea Cottage bied slaapplek vir 6 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n dubbelstort, asook lugversorging. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n groot bad, toilet en 'n wasbak. Die sitarea het 2 slaapbanke.

Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof en oond. yskas-vrieskas en 'n mikrogolf. Die sitkamer het 'n TV met DStv. Daar is ook plafonwaaiers in al die kamers en linne en badhanddoeke word voorsien. The Sea Cottage is goed ingerig en beskik oor gasbraaigeriewe. 'n Toesluitmotorhuis is beskikbaar.

'n Vinnige skoonmaakdiens van Maandae tot Vrydae word by die tarief ingesluit. Wasgoed kan ook op versoek van Maandae tot Vrydae teen 'n ekstra koste gedoen word. Die kothuis en tuin is heeltemal omhein. 'n Toesluitmotorhuis is beskikbaar en 'n nagwag is elke aand aan diens.

Besoekers kan op die houtdek ontspan en uittuur oor die dolfyne en walvisse, of met die trappies afstap tot op die privaat strand en jou tone in die see doop of net heerlike lang wandelinge op die strand neem. Die kothuis se omgewing is stil en rustig, en in die aand sal die branders jou aan die slaap sus.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 37425

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485693131
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1392 adsActive
1392 adsPosted