Silhouette 29

R 950

a year ago380 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
Silhouette 29 in Margate, aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë. Dié dorp is sowat 20 km suidwes vanaf Port Shepstone en bekend vir sy strande, snorkel en branderplankry. Dis die ideale wegbreekplek vir diegene wat op soek is na 'n rustige vakansie.

Hierdie luukse, selfsorgwoonstel het 3 groot slaapkamers, 2 badkamers en het 'n lieflike uitsig oor die see. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde kamer het 'n tripelstapelbed. Die groot oopplan-kombuis en -sitkamer bied toegang tot 'n groot patio met 'n uitsig oor die Indiese oseaan en 'n tafel met sitplek vir 6 gaste. Die eenheid is toegerus met 'n TV en DStv, maar gaste moet hulle eie slimkaart, modem en DVD-speler saambring. Neem asb. kennis dat die koppelpunt nie geskik is vir DStv Explora-dekodeerders nie.

Let asseblief daarop dat daar 'n hele aantal trappe is. Hierdie eenheid is dus nie geskik vir ouer gaste of vir gesinne met baie klein kindertjies nie. Die parkade is nogal nou, dus moet gaste met groot motors versigtig wees. Daar is parkeerplek onder beskikbaar vir groot motors. Die strand is binne maklike bereik en daar is veilige parkeerplek in die kompleks. Die kompleks het ook 'n baie groot, omheinde swembad met braaigeriewe. Die eenheid het baie bordspeletjies, boeke en al die nodige eetgerei en breekware.

Die woonstel is net 500 m van Margate se Blouvlagstrand en 1 km van Ramsgate se hoofstrand af. Dis ook stapafstand van Margate se winkels, naby die nuwe visvang-hawe en die bekende Ramsgate Blue Lagoon Pub and Waffle House af.

Available From: 07/04/2020
Furnished
Property Reference #: 9243

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485718518
View More
Website: https://www.lekkeslaap.co.za?ppc=GT_version1
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1378 adsActive
1378 adsPosted
Website: https://www.lekkeslaap.co.za?ppc=GT_version1