Seabrook 601

R 750

10 months ago348 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
Seabrook 601 is 'n selfsorg-eenheid wat in die Seabrook Holiday woonstelkompleks geleë is. Die kompleks is bekend vir sy uitstekende uitsigte en gerieflike toegang tot Margate se hoofstrand en ander vakansie-doendinge. Die eenheid spog met pragtige uitsigte oor die dorp wat genoegsame geleenthede bied om dolfyne, walvisse, seevoëls en die sardientjieloop dop te hou.

Die woonstel het 2 slaapkamers en 2 badkamers en is smaakvol ingerig. Die hoofslaapkamer het 1 dubbelbed en 1 enkelbed en die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens en 'n slaapbank. Daar is 'n stort in die eerste badkamer en 'n bad in die tweede badkamer.

Gaste sal die lieflike oopplan-kombuis en -leefarea met sy rottang-meubels en -kroeg terdeë geniet. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en daar is 'n eetarea met genoeg sitplek. Die leefarea beskik oor 'n TV met 11 DStv-kanale. Ontspan met 'n skemerkelkie en geniet die pragtige see-uitsigte vanaf die balkon.

Daar is 'n onderdakparkeerplek, nommer G56, ingesluit by die eenheid. 'n Kluisie word voorsien vir gaste se persoonlike items.

Die Intercity Express Bus stop by Marine-rylaan by die Margate Mini Coach-bushalte, slegs 500 m vanaf die Seabrook Woonstelle. Op versoek kan gaste opgelaai word by die bushalte en aangewys word na Seabrook Woonstelle. Buiten dit sal daar geen ekstra vervoer benodig word tydens gaste se verblyf nie aangesien alle winkels, banke, besighede, restaurante en vermaak binne maklike loopafstand van die woonstel af is.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 21531

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485731460
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted