Seabrook 304

R 850

a year ago273 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
Seabrook 304 is 'n selfsorgwoonstel met lieflike see-uitsigte wat in 'n veilige kompleks in Margate, KwaZulu-Natal geleë is. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf na aan die strand en verskeie doendinge.

Die woonstel is op die derde verdieping geleë, dit beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers en dis ten volle gemeubileer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Daar is ook 'n balkon wat volledige see-uitsigte bied. Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens.

Die kombuis, eetarea en sitarea is oopplan en beskik oor geriewe soos 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, 'n oond met 'n stoof asook ingeboude kaste om breekware en eetgerei te stoor. Die leefarea is ruim en het gemaklike sitplek. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale.

Daar is parkeerplek vir 1 motor en die kompleks het 'n gemeenskaplike munt-gedrewe waskamer, 'n speletjieskamer met 'n pooltafel en tafeltennistafel asook gemeenskaplike braaigeriewe. Seabrook 304 is binne stapafstand van die strand, restaurante en winkels sowel as verskeie binnemuurse en buitelug-doendinge.

Die Intercity Express Bus stop by Marine-rylaan by die Margate Mini Coach-bushalte, slegs 500 m vanaf die Seabrook Woonstelle. Op versoek kan gaste opgelaai word by die bushalte en aangewys word na Seabrook Woonstelle. Buiten dit sal daar geen ekstra vervoer benodig word tydens jou verblyf nie aangesien alle winkels, banke, besighede, restaurante en vermaak binne maklike loopafstand van die woonstel af is.

Available From: 07/04/2020
Furnished
Property Reference #: 21586

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485729776
View More
Website: https://www.lekkeslaap.co.za?ppc=GT_version1
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1378 adsActive
1378 adsPosted
Website: https://www.lekkeslaap.co.za?ppc=GT_version1