Santorini 207A

R 714

a year ago311 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):3
Smoking:No
Description
Santorini 207A is in 'n sekuriteitskompleks in die hartjie van Margate geleë. Die woonstel is stapafstand van Margate se hoofswemstrand, Margate-pier, restaurante, vermaakgeriewe en winkels af. Gaste kan lieflike see-uitsigte vanaf die hoofslaapkamer se balkon en leef-areas geniet.

Dié ruim woonstel het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, leefarea, eetarea en 2 balkonne, waarvan 1 teen die wind beskut is.

Elke leefarea en slaapkamer het lugversorging. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer, met 'n groot stort en bad, asook toegang tot die balkon. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed met 'n gestoffeerde kopstuk. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en toegang tot die kant- en voorstoep.

Die leefarea het luukse meubels en 'n DStv-koppelpunt. Bring asb. jou eie Explora-dekodeerder en slimkaart saam. Daar is 'n etenstafel met 6 stoele, 'n gasbraai en 2 dekstoele op die voorstoep, asook lieflike uitsigte oor die Indiese Oseaan. Die kantstoep is teen die wind beskut, het ook 'n etenstafel met 6 stoele en is 'n heerlike kuierplekkie.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n oond, stoof, dubbeldeur-yskas, mikrogolf, skottelgoedwasser en tuimeldroër. Die tweede badkamer met stort en bad toegerus, is langs die ingang geleë en het ook 'n wasmasjien.

Die kompleks bied 'n swembad, gemeenskaplike ingeboude braaigeriewe en 'n speletjieskamer vir kinders. Daar is twee hysbakke beskikbaar en die eenheid is rolstoelvriendelik. Die eenheid het 'n tandem-dubbelmotorhuis (parkeerplek vir een voertuig) en 1 oop onderdak parkeerplek. Daar is 24 uur-sekuriteitswagte aan diens, asook 2 hekke met toegangbeheer.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 32050

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485720489
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1392 adsActive
1392 adsPosted