San Lameer Villa 5910

R 5,150

a year ago259 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):4
Smoking:No
Description
San Lameer Villa 5910 is in die San Lameer Landgoed aan KwaZulu-Natal se Suidkus geleë. Dié subtropiese paradys bied wilde diere, fauna, flora en verskeie voëlspesies - ideaal vir die hele gesin. Die bewarea is 200 hektaar groot en beskik ook oor 'n kampioenskapgholfbaan met 18 putjies, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 manjifieke Blouvlagstrande.

Die villa het lugversorging, slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer, tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed, en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is stort- en badgeriewe in die villa.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroer. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en in die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea bied toegang tot 'n stoep met buitemeubels, 'n etenstafel met sitplek vir 10 en braaigeriewe. Daar is ook sonstoele en 'n swembad.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 48415

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 498667262
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1392 adsActive
1392 adsPosted