San Lameer Villa 3005
R 2,750
9 months ago193 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):4
Smoking:No
Description
San Lameer Villa 3005 is op die San Lameer Landgoed aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë. Hierdie subtropiese paradys spog met verskeie wildsoorte, plantegroei, voëlspesies en legio doendinge vir die hele gesin. Die 200 hektaar-bewarea bied 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 skilderagtige Blouvlagstrande.

Hierdie superieure villa het 4 kamers en plek vir 8 persone. Daar is ook 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en dis en suite met 'n aparte stort en bad. Die tweede kamer het ook 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met slegs 'n stort. Die derde en vierde kamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer. Die villa het ook lugversorging.

Die kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Verder is daar ook 'n wasmasjien en tuimeldroër.

In die eetkamer is daar 'n tafel met sitplek vir 8 en in die sitkamer is daar gemaklike banke en 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Die leefarea lei na 1 van 2 stoepe met buitesitplek, asook braaigeriewe.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 38002

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485692621
View More
Website: https://www.lekkeslaap.co.za?ppc=GT_version1
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1396 adsActive
1396 adsPosted
Website: https://www.lekkeslaap.co.za?ppc=GT_version1