San Lameer Villa 2529
R 3,500
9 months ago180 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):4
Smoking:No
Description
San Lameer Villa 2529 is op San Lameer Landgoed aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë. Hierdie subtropiese paradys is vol wild, unieke plantegroei, voëlsoorte en doendinge vir die hele gesin. Die 200 hektaar-bewaararea spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 skilderagtige Blouvlagstrande.

Hierdie vierslaapkamer-villa bied slaapplek vir 8 mense en het 3 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer bevat elkeen 'n dubbelbed en die derde en vierde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Daar is en suite-badkamers by 2 van die slaapkamers en bad- en stortgeriewe is beskikbaar. Verder het die villa ook 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamerarea.

Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die eenheid het ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien beskikbaar vir gaste se gerief. In die eetkamerarea is daar sitplek vir 8 mense en 'n TV met 'n volle DStv-pakket. Die leefarea lei na 'n patio met buitemeubels en braaigeriewe.




Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 37613

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485692629
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted