San Lameer Villa 2407

R 1,196

10 months ago239 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
San Lameer Villa 2407 is in die San Lameer Landgoed aan KwaZulu-Natal se Suidkus geleë. Dié subtropiese paradys bied wilde diere, fauna, flora en verskeie voëlspesies - ideaal vir die hele gesin. Die bewarea is 200 hektaar groot en beskik ook oor 'n kampioenskapgholfbaan met 18 putjies, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 manjifieke Blouvlagstrande.

Die villa het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor lugversorging, 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n badkamer naby. Albei badkamers het 'n bad-oor-stort. Let asb. daarop dat daar 'n paar trappe vanaf die grondvloer na die leefarea lei.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea in die kombuis het sitplek vir 6 gaste, en in die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met volledige DStv-kanale. Die eenheid het ook 'n wasmasjien en tuimeldroër buite die villa langs die parkeerplek.

Die leefarea bied toegang tot 'n balkon met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe. 'n Skoonmaakdiens is nie ingesluit nie, maar kan teen ekstra koste gereël word.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 49101

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485665746
View More
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1394 adsActive
1394 adsPosted