San Lameer Villa 2002

R 1,500

7 months ago187 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):2
Smoking:No
Description
Villa 2002 is 'n lieflike selfsorg-eenheid op die grondvloer op die gewilde San Lameer Gholflandgoed aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Dié selfsorg-eenheid is sentraal geleë, stapafstand vanaf die vermaaklikheidsareas soos die swembad, hotel, spa, tennisbane en die strand. Daar is 'n Spar om die hoek van die villa waar gaste hul inkopies kan doen.

Villa 2002 is 'n moderne eenheid met 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n groot stoep wat oor die pragtige tuin uitkyk. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n gemaklike dubbelbed. Dié twee kamers deel 'n groot badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die oopplan-kombuis en -leefarea maak Villa 2002 die ideale vakansiehuis waar die hele gesin 'n wonderlike tyd sal hê. Die leefarea het 'n platskerm-TV met DStv en lugversorging. Die leefarea sluit aan by die gesellige stoep met gerieflike braaigeriewe en stoepmeubels.

Die villa word daagliks skoongemaak, behalwe Sondae en openbare vakansiedae. Ekstra dienste is vir gaste se eie onkoste op Sondae en openbare vakansiedae beskikbaar.

San Lameer bied 'n gholfbaan met 18 putjies, 'n Mashie-baan, spa, restaurante, muurbalbane, tennisbane, bergfietsryroetes, 'n swembad en talle ander doendinge vir kinders.

Available From: 05/12/2019
Furnished
Property Reference #: 43962

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485687409
View More
Website: https://www.lekkeslaap.co.za?ppc=GT_version1
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1415 adsActive
1415 adsPosted
Website: https://www.lekkeslaap.co.za?ppc=GT_version1