San Lameer Villa 10430

R 3,900

7 months ago266 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Add to My List
Report Ad
General Details
For Rent By:Agency
Dwelling Type:House
Bedrooms (#):4
Smoking:No
Description
San Lameer Villa 10430 is op die San Lameer-landgoed geleë. Hierdie landgoed is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal, 'n subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls, wat iets vir die hele gesin bied. Dié 200 ha-natuurreservaat spog met 'n 18 putjie-kampioen gholfbaan, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant en kroeg, asook luukse villas met direkte toegang tot 2 ongelooflike Blouvlagstrande.

Dié villa het lugversorging en het slaapplek vir 8 gaste in sy 4 slaapkamers. Daar is ook 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Twee van die kamers het elk 'n koningingrootte-bed. Die derde kamer het 'n dubbelbed en die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Twee van die kamers het en suite-badkamers. Daar is twee badkamers met 'n bad en 'n stort. Die derde badkamer het slegs 'n stort.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 10 mense en die sitkamer het 'n gemaklike hoekbank, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler.

Die leefarea lei na 'n balkon met 'n uitsig oor die gholfbaan en draagbare braaigeriewe.

Available From: 09/12/2019
Furnished
Property Reference #: 62830

Agent Details:
www.LekkeSlaap.co.za
www.LekkeSlaap.co.za
2 Otto Close
Westlake
Cape Town

Id Subtitle 485965451
View More
Website: https://www.lekkeslaap.co.za?ppc=GT_version1
www.LekkeSlaap.co.zaMember since 2019
Email Verified
1414 adsActive
1414 adsPosted
Website: https://www.lekkeslaap.co.za?ppc=GT_version1